Stel jou voor: Informele nedersettings, oftewel plakkerskampe, wat netjies uitgelê is met toeganklike paaie en strate, kleuterskole, gemeenskapsale en spaza-winkels op beplande plekke, en netjiese goed geventileerde supershacks wat nie deur water oorstroom word nie. Die eerste klein proeflopie in ’n probleem-plakkerskamp in Kaapstad wys dit is die wending wat kan waar word in dorpe en stede, en deel van die behuisingsprobleem in ons land kan help oplos.