Met minder as 'n week voordat kaartjieverkope begin, hoop die vervaardigers van die Afrikaanse rolprent VIR ALTYD om reeds met hulle openingsnaweek verskeie plaaslike loketrekords te breek. Anna-marie Jansen van Vuuren berig die twee hoofakteurs en medevervaardigers, Ivan Botha en Donnalee Roberts, het reeds met hulle vorige fliek, PAD NA JOU HART R12-miljoen by die loket verdien. Botha en Roberts, wat die rolprent in Mauritius verfilm het, dra die temalied van die fliek aan Naweekaktueel se luisteraars op.