Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.... more
FAQs about Radioteater:How many episodes does Radioteater have?The podcast currently has 377 episodes available.
December 29, 2011DONKER ONDER DIE SUIDERKRUIS deur P J HaasbroekDie drama ontvou teen die agtergrond van die Mosambiekse eiland Inhaca. Die hoofkarakter is die see – aanloklik, maar onvoorspelbaar en gevaarliker as wat jy vermoed. Nes die verloop en uitkoms van die drama, wanneer die ontspanne karakters se lewens in ‘n nagmerrie verander....more55minPlay
December 25, 2011DIE FEESMAAL deur Helena HugoAdele het haar spyskaart uitgewerk en haar gastelys opgestel. Sy beplan die feesmaal van die jaar, want om die hele Kersseisoen net Anton se tande te tel, is glad nie vir haar ’n goeie vooruitsig nie. Maar toe verskyn Marie op die toneel en dit lyk of alles wil skeefloop....more56minPlay
December 01, 2011IDEAAL deur Kotie Swart'n Postmodernistiese siening van Suid-Afrika oor die Chinese se jag op die blink klippies van Afrika. Dis 'n boeiende verhaal vertel van ‘n nuwe vorm van imperialisme met ‘n kinkel in die kabel....more1hPlay
November 24, 201121 MEI 2011 deur Jan J. F. ViljoenMarius is ‘n ouditeur wat vir post-traumatiese stres behandel word. ‘n Ruimtewese verskyn aan hom en sê hy moet ‘n lewensbelangrike boodskap aan die mensdom oordra. Die probleem is natuurlik niemand sal hom glo nie. Of is daar dalk tog iemand wat hy kan oortuig....more50minPlay
November 17, 2011DIE VLOEDSTORIE deur Lancea CraffordTalle Suid-Afrikaners onthou nog die skokkende gebeure van 25 Januarie 1981 toe vloedwater die Karoodorp, Laingsburg, in puin gelê het. Die verhaal van lewensverlies en ontbering word vanuit die herinneringswêreld van een spesifieke gesin in die drama herbeleef....more41minPlay
November 10, 2011GRENSGEVAL deur Rita SwanepoelWanneer Janet en Arno gaan kamp, word hy oorweldig deur herinneringe aan sy tyd op die grens tydens sy dienspligjare. Tot Janet se ontsteltenis ontaard die kamp in ‘n nagmerrie....more39minPlay
November 03, 2011DIE WOONKAMER deur Graham GreeneDie woonkamer, in ‘n geheimsinnige huis van ‘n eens welvarende gesin in Londen, is die plek waar die radioteater afspeel. Daar’s tergende geheime wat ontvou in die drama van die bekroonde Britse skrywer Graham Greene. Volgens kenners van die skrywer se werk kan dit opgesom word as ‘n tragiese liefdesverhaal, gebasseer op sy eie vurige en dikwels gedoemde liefdesverhoudings....more1h 13minPlay
FAQs about Radioteater:How many episodes does Radioteater have?The podcast currently has 377 episodes available.