Dis onvermydelik dat die Covid-19 pandemie 'n negatiewe uitwerking op die wêreldekonomie sal hê. Richus Nel, 'n finansiële beplanner by PSG Wealth, en Herman van Papendorp, hoof van beleggings by Momentum, praat oor die ekonomiese impak van Covid-19. Hulle gee ook raad aan kleinsake-ondernemings en beleggers oor oorlewing in hierdie onsekere finansiële tye.