Die Curro Durbanville Juniorkoor bestaan al vir 15 jaar en het vanjaar, soos vorige jare, weer die skool se naam hoog gehou deur skoonskip te maak in al die kompetisies en feeste waaraan hulle deelgeneem het. Die koor, onder leiding van Jeanne Maritz, het vir Johan van Lill genooi om een van hulle repetisies by te woon.