SO LOOP HY MAAR

SO LOOP HY MAAR

By Niel Kidd & Pietie BeyersComedyScienceSocial Sciences
Download on the App Store

SO LOOP HY MAAR episodes

  • Episode 60: So Loop Hy Maar - Sue Pyler en So ⚡️⚡️⚡️
    Sue Pyler is 'n radio-aanbieder op RSG, 'n MC en 'n motiveringspreker. Ons praat oor die realiteit van bruin-wees in 'n oorwegend wit skool, universiteit en werksplek. Sue was 'n 98% Wiskunde-student en nou 'n 110%-alles 😉⚡️🚀 A Force of electric energy, so eerlik soos sy energiek is. Liefde tot daar waar jy is! 💚💚💚
    1 hr 25 min
  • Episode 59: So Loop Hy Maar - Joe van Niekerk en So 💚💛❤️
    Do you remember the Springbok rugby player Joe van Niekerk? @JungleJoe333 (Instagram handle) took time to speak to us on our So Loop Hy Maar podcast all the way from where he now lives in Costa Rica. We would rather type less and give you time to listen. Also, we planned on being professional and somehow this conversation unfolded into something magical. We love you, beautiful Soul. Started with rugby and met in heaven... We hope to see you there.
    2 hr 21 min
  • Episode 58: So Loop Hy Maar - Gideon Lombard en So 🦄🎸🔥
    Een van die intelligentste mense wat ek nóg ontmoet het. Ek kan dit voel. Hy het skoolgegaan in Namibië, Holland en Amerika. Hy's al vir 10 jaar skoon van verslawing. Hy samel tans fondse in en het ingekom vir sy MBA by die besigheidskool in Madrid, Spanje. Hy sou argitektuur studeer - toe neem die lewe sy draaie. Hy was al op verhoë, film en TV as akteur — tot relatief onlangs in die sepie "Suidooster". Hy komponeer musiek en speel kitaar. Hy doen boonop tans besigheidskonsultasie vir 'n groot voedselnywerheid in die Kaap. Hierdie brein breek boksies... Met 'n hart so sag soos sy brein sterk is, het sy luister- en waarnemingsvermoëns my sedert ons eerste ontmoeting bygebly. Ek voel bevoorreg om met 'n liewe vriend te kan gesels. Hy's nie die volgende Miles Davis nie. Nie die tweede Elon Musk nie. Hy's die eerste Gideon Lombard. ❤️
    3 hr 7 min
  • Episode 57: So Loop Hy Maar - Francois van Coke en So ⚡️💚🚀

    Pietie probeer beskryf wat Fokofpolisiekar vir hom beteken het. Steeds beteken... Dalk relate jy... Hierdie band, en die bands wat soos familielede van hulle voel, raam só baie oomblikke van betekenis.

    Pietie: Ek was 'n tiener-kind wat vraagtekens as uitroeptekens disguise het. Hoe minder ek sin gemaak het, hoe harder wou ek skree.

    Liewe genade.

    Deur die begeleiding van julle musiek - rou gees in note immortalize - het julle my al bygestaan deur transcendental euforie, sielswerende verliefdheid, geesverpletterende horries, kners-cringe skaamte, waansinnige skuld, angs, insecurity, selfsugtigheid, self-discovery, self-love, sterk-voel, laag-voel, hoog-voel, nugter-voel, dronk-voel, invisible voel, invincible voel, connected voel, verstaan-voel, verreik-voel, alleen voel, soos ál een voel.

    Soos almal wíl voel. Alles gelyk voel. Vir altyd voel.

    Musiek voel soms spiritueel: Asof dit jou verstaan. Gee nie om hoe uniquely weird of freakish of beautiful of horrible jy voel nie, jy voel aanvaar soos jy is.

    Fokofpolisiekar doen dít.

    Gee nie om of jou wese blóm of breek nie, jy kry goedkeuring.

    As Francois my hierdie potentially over-familiar gedagte sal gun, hierdie gesprek was asof ek 'n spirit brother ontmoet het. Of uit 'n vorige lewe onthou.

    Een na wie ek nog altyd opkyk.

    Francois is 'n reuse gees in nederige vlees.

    Die seun wat Cravenweek-rugby gespeel het, Meneer Belville was, met almal oor die weg gekom het, "te punk vir die rugby kids en te jock vir die punks was" het orals en nêrens ingepas.

    Dalk relate jy...

    Baie dankie vir een van die hoogtepunte van my lewe my maat.

    💚

    *Download gesprek in bio

    2 hr 9 min
  • Episode 56: So Loop Hy Maar - Leandie du Randt en So
    'n Force of generosity & kindness. My eie familie praat gereeld van mense met generosity of spirit. Ek dink dis mense wat só vol liefde is dat hulle daarvan uitdeel. Dalk mik ons almal hierna? Dit beteken nie generous geeste ervaar nie struggle nie, maar dat hulle somehow dit regkry om wonde in wysheid te omskep. Teëspoed in krag. Leandie du Randt is die real deal. Authentic en truthful. Ons het al die diepsee ingebackflip sekondes na "hoe gaan dit?" Liefde en krag aan ALMAL.
    1 hr 22 min
  • Episode 54: So Loop Hy Maar - Nana Giyose, #BLM en So
    We recently approached a very smart and open-minded young woman for a podcast. Nana Giyose works in a corporate environment by day and teaches Zulu and English by night. Pietie planned on getting to know her on a personal level and hearing her thoughts on #BlackLivesMatter. We thought the conversation would progress gradually... But Nana and Pietie immediately dived to the depths of truth. (#BLM was supposed to be a departure point but instead we flew without take-off.) Radiating warmth, wisdom, bravery and kindness, Nana gives us an education in humanity, without preaching a second. We feel lucky to share this with you.
    2 hr 20 min
  • Episode 53: So Loop Hy Maar - Bauke Hanekom en So
    Bauke Hanekom se gees is nóg groter as sy kuite. 'n Force of nature wat op 10jarige ouderdom die nommer 1 swemmer in Suid-Afrika was, later kaptein van Paarl Boys' High se 1ste rugbyspan geword het en wie se lewe sedertdien 'n paar doughnuts en s'e gekap het... Tot waar hy nou is - gesonder en sterker as ooit ⚡ Bauke praat eerlik oor sy tawwe tye, die liefde vir sy mense, sy konneksie met sy oupa en ouma en die 15 000 calorie-challenge wat hy onlangs met USN, Men's Health en Under Armour gedoen het. Sy biceps pomp yster, sy hart pomp gees. Reuse liefde aan almal
    1 hr 25 min
  • Episode 52: So Loop Hy Maar - Die Heuwels Fantasties en 2021 en So

    Ons chat met Pierre en Hunter van die Heuwels Fantasties oor hulle nuwe album, genaamd "2021".

    So cool soos wat die album naam is, so is die album ook. "2021" signify hoop en voorspoed, en beeld die album perfek uit, spesifiek omdat 2020 so groot train smash is. Pierre en Hunter vertel in detail hoe die album gemaak is, praat oor die ander kunstenaars wat betrokke is en gee hulle opinie van hulle nuwe werk.

    Geniet dit!

    1 hr 18 min
  • Episode 51: So Loop Hy Maar - Riaan Cruywagen en So

    Ons belowe julle ons het pretty much die hele gesprek lank sit en smile. Soos twee honde wat adoringly na hul baas kyk, verliefdes hoog op studentelewe, of net, soos dit hier is, jong ouens wat opkyk na 'n eerbare man.

    Hy vat ons op 'n lewensreis binne net meer as 'n uur.

    Nederigheid, humorsin en 'n gees so suiwer soos sy uitspraak.

    Ons kan eenvoudig aan geen beskrywing dink om hierdie episode te match nie.

    Dis tyd vir die nuus. Hierdie is 'n podcast met RIAAN CRUYWAGEN.

    1 hr 13 min

About SO LOOP HY MAAR

From the publisher's feed

❤️ Magical gesprekke met buitengewone mense ⚡