SO LOOP HY MAAR

SO LOOP HY MAAR

By Niel Kidd & Pietie BeyersComedyScienceSocial Sciences
Download on the App Store

SO LOOP HY MAAR episodes

  • Episode 40 : So Loop Hy Maar, Slaap en So

    SLAAP

    Sukkel jy? Is dit maklik? Hoeveel ure is ideaal? Hoe beïnvloed slaap jou gesondheid? Het jy ook al wakker geword na 'n vliegdroom, jou arms geflap, en gedink jy gaan takeoff?!

    Jessica Fourie is 'n Slaap-Tegnikus (ons het nie besef so iets bestaan nie) by die slaap-kliniek, Fourie & Associates - daar's 'n hele paar takke in die land en sy werk (onder andere) by die Milnerton Medi-Clinic tak.

    Hierdie was WAY meer wetenskaplik en educational as wat ons besef het.

    Lekker luister!

    Lekker slaap!

    1 hr 28 min
  • Episode 39: So Loop Hy Maar, Vergeet My Nie Director — Andre Velts — En So

    Nog nooit so iets beleef nie.

    First Exclusive: Die ex-personal trainer, destydse inwoner van Londen, en vandag director — Andre Velts — deel sy hart in die mees vulnerable en brawe podcast waarvan ons al deel was. As jy net een van ons podcasts wil luister, luister dié een. Die sound is uiteindelik goed. *Andre se nuutste fliek "Vergeet My Nie" het vandag in fliekteaters begin
    1 hr 37 min
  • The real EPISODE 38: So Loop Hy Maar, Danie van Spoegwolf en So
    Danie du Toit is die lead singer van Spoegwolf, mede-eienaar van Drum-restaurant op Stellenbosch en die skrywer van 'n digbundel wat pas verskyn het. As mens dink aan hoe mense van Breyten Breytenbach, Ingrid Jonker, Jan Rabie, daai tipe name praat - ek vermoed óns kinders gaan so oor Danie praat. 'n Groot gees in nederige vlees. Ook, Francois van Coke en Danie het 'n song "Dagdrome in Suburbia" gemaak. Danie vertel daaroor. Enjoy.
    1 hr 5 min
  • Episode 37: So Loop Hy Maar, Wayne van Rooyen en So
    Dis 2020!!!!!!!!!! 😱😱🤩🤩🤩🤩 Wayne van Rooyen is nie vir die podcast genader oor sy amazing CV en besonderse talent nie - alhoewel hy die nederige eienaar van beide is. Hy's genader oor sy gees. Die man se wysheid strek tot 'n galaxy far, far away. Hy's basically Yoda se pa. The quality of sound is wraggies getting there and this one listens lekker. Enjoy! 🦄💫
    1 hr 50 min
  • Episode 36: So Loop Hy Maar, Dirk Agenbag - Digital Genius - En So

    'Al wat ek gedink het, was hou Steven Kitshoff van my?'

    Een van die mees fassinerende podcasts waarvan ek al deel was.

    Of jy al op vakansie is, of tot Kersfees nog werk, hierdie episode neem jou op 'n journey.

    Dirk Agenbag is 'n digital creative director by die ad agency, TBWA\Hunt\Lascaris in Johannesburg.

    Ek het altyd van hom geweet - sy gutsy, hilarious social media posts raakgesien en gewonder of helfte van Kaapstad op hom verlief is.

    Dirk het die hele Rugby World Cup saam met die Springbokke getoer (en gewerk) en hy share ook sy ervaringe met die Bokke.

    Hoe impressive iemand is, kan van 'n afstand intimiderend wees. Tot julle connect en jy die mens agter jou indruk ontmoet...

    Van die grootste creative geniuses het ook mental health challenges.

    En ek het finally goeie-quality audio begin uitfigure 😉💫

    1 hr 25 min
  • Episode 35: So Loop Hy Maar - Bertus Albertse (eienaar van Body20) en So

    Inspiration-masterclass 💫

    Ek dink ek het meer in hierdie podcast oor besigheid geleer as in skool en universiteit sáám (bygesê: ek het drama geswot en was nie die mees gedissiplineerde leerling op skool nie).

    For real though, luister hierdie.

    Bertus kom van humble beginnings en het nie sy graad voltooi nie. Steeds het hy sy pad met (hoorbare/tasbare) passie opgewerk — vanuit sy braaikamer in Brackenfell tot 'n maatskappy wat nou seker al heelwat oor die R100 miljoen werd is. Jip, luister self...

    Ek mag dalk self hierdie podcast nog 6 keer luister.

    'n Inspuiting van opbouende energie, besigheidslesse (positief+prakties eerder as prekerig) en massiewe lewensgees 💪

    Luister dit onmiddellik! 🚀

    1 hr 52 min
  • Episode 33 - So Spook Hy Maar, die Dood en So

    BOO!

    Episode 33 is ons Halloween episode! Niel Nogsteeds, Nini Conradie en Jaco Nothnagel gesels oor beroemde Suid-Afrikaanse spoke, Charlie Chapman se lyk, vreemde bloedige oortuigings en ander skrikwekkende spookstories!

    Geniet dit!

    1 hr 27 min
  • Episode 32: So Loop Hy Maar - Brendan Fraser, 7de Laan, Stuntmen en So

    Onthou jy Brendan Fraser? Onthou jy Blast from the Past, The Mummy en George of The Jungle? Ken jy 7de Laan? Hierdie episode is letterlik vir jou! Madelaine is 'n stylist en super-woman wie onlangs baie tyd met bogenoemde Brendan spandeer het. Haar man, André, is 'n sport-spelende, Crossfit-dominating force-of-positive-energy wat as Rickus op 7de Laan bekend is. Skop jou skoene uit, hierdie episode voel soos naweek!!

    1 hr 25 min
  • Episode 31: So Loop Hy Maar - Katinka Die Kat en So

    Katinka Die Kat is jonger as 23 en sy't moontlik al meer reggekry as baie 70 jariges — dis gelyk motiverend en depressing! ;-)

    In all honesty, sy's 'n super awesome mens (en entrepreneur) en ons leer in hierdie episode die Katinka agter die Kat ken.

    Meow!

    1 hr 14 min

About SO LOOP HY MAAR

From the publisher's feed

❤️ Magical gesprekke met buitengewone mense ⚡