
Sign up to save your podcasts
Or


Niel Nogsteeds, Pietie Beyers en Beer Adriaanse se gesprek oor film en televisie duur voort.
Beer Adriaanse breek loshande die rekord met die mees interessante feit van die potgooi tot op hede.
Geniet dit!
Niel Nogsteeds, Pietie Beyers en Beer Adriaanse spreek vir die eerste keer 'n spesieke tema aan, naamlik film en televisie. Ons praat dus in hierdie episode oor presies dit. Film en televisie.
Dis nogals donners lekker.
Niel Benjamin, Jaco Nothnagel en nuwe gas, akteur Carel Nel bespiegel oor wonderlike wette, Neil Armstrong, hoe baie muskiete van Skrillex hou en allerande ander interessanthede.
Geniet dit!
Niel Benjamin Kidd, Nini Conradie en Armand Aucamp gesels oor visuele kuns, seesterre, Iran, mense wat Woke is, onder baie andere.
Geniet dit!
Niel Benjamin, Jacques de Villiers en Tonie du Toit bespreek die lewe van heuningbye, Courtney Love, lykshuise, Finland, jou sintuie en allerande ander semi-interessante onderwerpe wat ons interessant laat klink!
Geniet dit!
Ons verwelkom vir twee nuwe gaste, komediant en aktrise Anne Hirsh, asook Jaco Nothnagel, bemarker en vervaardiger van Marche Media.
Ons praat oor die vermaaklikheidsbedryf oor die algemeen, agente, die Koninkryk van Engeland en hulle "Game of Thrones" gewoontes, gades wat rondsweef in die huis en alles wat min of meer daarmee te doen het.
Geniet dit!
Niel Benjamin Kidd en Pietie Beyers kuier weer saammet Bibi Slippers in hierdie episode.
Ons praat oor apies se speelgoed, die toekoms, die koue oorlog en die resies na die maan, en allerande ander meer (en minder) relevante dinge van die lewe.
So loop hy.
Die coolste ou op Stellenbosch, Beer Adriaanse, is terug vir rondte twee. Ons praat oor genetiese manipulasie, bruinbere en wetenskaplikes wat soos diere lewe.
#soloophymaar
Niel Benjamin Kidd, Pietie Beyers en Mercy Kannemeyer gesels oor, onder andere, seerowers se musieksmaak, die volgorde van die alfabet en die Myers Briggs toets.
Geniet dit!
Niel Benjamin Kidd, Jacques de Villiers en 'n nuwe gas, Mia Spies, gesels oor hoe miskruiers hulle pad vind, hoekom ons almal teveel vir koffie betaal en die Maleisiese regering se sensorgewoontes.
From the publisher's feed