
Sign up to save your podcasts
Or


Ons gesels met Johannes Le Roux, die entrepreneur agter The Dutchess gin, Brannas Draught, Suncamino Rum en nou ook Dope Drinks.
Hierdie is ook 'n reünie-episode vir Niel en Pietie nadat die Johannesburg kantoor gevestig is. What a wonderful life!
Geniet die episode!
Jy ken hom dalk as die jong shark op Shark Tank SA, maar die suksesstorie van Marnus Broodryk strek veel wyer as dit. Marnus kuier by SO LOOP HY MAAR, DIE LEWE EN SO in ons eerste episode met Pietie Beyers - uit ons splinternuwe Johannesburgse kantoor! 💪🚀 Moet mens vlug, of dit uithou in RSA? Marnus bied positiwiteit 🙏
Niel Nogsteeds gesels met Tinerie van Wyk Loots en Jaco Nothnagel oor scary movies, toneelstukke, Twilight, die heelal en nagapies.
Geniet dit!
Niel Nogsteeds gesels met Jack Parow en Nini Conradie oor skape wat rol, "rap" lirieke, Stockholm Syndrome, die Rolling Stones en allerande ander amazing nonsens.
Cheers!
Niel Nogsteeds en Piet Pietie Beyers chat met lede van die Duchess Virgin Gin span, Inus Smuts en Talita Calitz, oor hulle amazing gin, dwelms, die dood en Ötzi "the Iceman". Ondere andere.
Geniet dit!
Ons gesels met Jacques de Villiers en Corrie Gunter oor musiek, Anti-vax mammas, HIV, broodbak, "objectophilia" en ander interessante dinge van die lewe.
Geniet dit!
Ons gesels met Annemarie Du Plessis, mede-vervaardiger van Marche Media, en awesome mens en siel.
Ons chat bietjie oor haar werk, oor krieket, die Boring Conference, en oor haar awesome feit!
Geniet dit!
Ons word bederf met die teenwoordigheid van twee van Suid-Afrika se mees talentvolle jong aktrises, Lea Vivier en Christia Visser.
Ons gesels oor die vermaaklikheidsbedryf, koeie, interessante werke, kokosneute en ander onverwante onderwerpe.
Geniet dit!
Ons gesels verder met Binnelanders akteur en sanger van die band Adam - Reynardt Hugo.
Ons praat hierdie keer oor marijuana, emoes, digitale drukkers, eierwit en allerande ander uiters belangrike dinge van die lewe, en so.
Hierdie episode is deel 2 van 2 van ons gesprek met Reynardt.
Geniet dit!
Ons verwelkom vir Binnelanders akteur en sanger van die band "Adam" - Reynardt Hugo.
Ons praat bietjie oor Reynhardt se geskiedenis, die "ups and downs" van die lewe en bespiegel ook oor die eienaardige konsep van sosiologie genaamd die "vriendskap paradoks".
Hierdie episode is deel 1 van 2 van ons gesprek met Reynardt.
Geniet dit!
From the publisher's feed