
Sign up to save your podcasts
Or


Niel Benjamin Kidd en Pietie Beyers kuier saam met Bouwer Bosch in 'n splinternuwe episode wat lewensverreikend is!
Geniet dit!
Niel Benjamin Kidd en Pietie Beyers stel voor twee splinternuwe gaste, Cintaine Schutte en Bernadette De La Guerre, in 'n splinternuwe CHRISTMAS SPECIAL episode!
Stay oop-kous.
Ons verwelkom vir Bibi Slippers in nog 'n asemrowende episode wat handel oor nuwe woorde, vegan resepte, Banksy se streke, nuwe kleure en alles wat daarmee gepaard gaan, maar ook nie...
Hoeveel sosiale punte verdien jy as 'n sigaretstompie optel en in die drom gooi? Hoekom ruik ander mense se asems vir jou so sleg? Hoekom seksualiseer die mensdom borste?
Niel Benjamin Kidd, Pietie Beyers en 'n nuwe gas, Beer Adriaanse, spekuleer oor hierdie unieke onderwerpe, vir jou genot.
Ons skop af met Hugh Bladen komplimente en beweeg aan na papegaai wysheid, die "magic" van groepondersteuning en pluimvee sangomas.
Nou maar toe.
Niel Benjamin Kidd en Pietie Beyers verwelkom 'n nuwe gas, Wilhelm van der Walt, in 'n gesprek oor keiserbabas, vlieënde katte en ander abnormaliteite wat jou gedagtes sal prikkel.
Episode 4...is hier!
Die span van Niel Benjamin Kidd, Pietie Beyers en Jacques de Viljee vergader rondom 'n groot wit mikrofoon en praat oor die dinge wat saak maak asook die dinge wat minder saak. En oor skaaphonde. En oor kakkerlakke.
Gooi vir jou 'n glas rooiwyn en praat 'n bietjie saam.
Niel Benjamin Kidd en Pietie Beyers word bederf met die teenwoordigheid van Jacques De Villiers in 'n merkwaardige nuwe episode wat eintlik maar net beskryf kan word as baanbrekerswerk.
Van onverwagte kannibalisme tot wit en swart drome, sit jou veiligheidsgordels op jou ore, en geniet die toer.
Ons gesels oor nog 'n paar belaglike feite, en dan gesels ons oor ander dinge van die lewe wat daarmee te doen het. En dan gesels ons ook oor dinge van die lewe wat niks met enigiets te doen het nie.
Alles wat jou gunsteling potgooi nie is nie, en nog minder.
From the publisher's feed