Spitstyd

Spitstyd

Download on the App Store

Spitstyd episodes

  • Kuns met kontant 21 September 2022
    Dit is vanjaar 16 jaar sedert Bok van Blerk se gewilde liedjie, De La Rey, die harte van musiekliefhebbers verower het, en hom een van Afrikaans se grootste kunstenaars van alle tye gemaak het. Wat jy sien is wat jy kry, en terselftertyd kry Bok dit uitstekend reg om sy passie vir die buitelewe, jag en visvang by sy handelsnaam te inkorporeer. Dit maak hom 100% outentiek en waarborg so die langslewendheid van sy loopbaan; dit verseker ook dat daar nie enige “plastic” van die bedryf op hom afsmeer nie. Hy kom aanvanklik uit die kontrsuksiebedryf; dis nie verbasend dat hy geweet het hoe om sy sangloopbaan op stewige fondasie te bou nie. Koop hy soms impulsief jag- en visvang toerusting? Ja! Weet Bok se vrou wat die werklike koste van sy jag- en visvangtoerusting is? Nee!
    12 min
  • Kuns met kontant 14 September 2022
    Hy was Pieter in 7de Laan, Xander in Binnelanders, Manie in Hotel en Wimpie in die Bakgat-flieks, maar vandag is Ivan Botha een van die land se voorste rolprentmakers wat die verdiensterekords by die loket laat spat!
    12 min
  • Kuns met kontant 7 September 2022
    Swak finansiële beplanning is soos om met nat hout te probeer braai. Met nat hout benodig jy meer vuuraanstekers om die vuur aan die gang te kry. Jy eindig gewoonlik met nat hout op as jy dit in kleinmaat by jou naaste vulstasie aankoop, omdat dit groen en vars afgesnyde boomtakke bevat. Dit lê dan net en sweet in die sakkie. Koop jou hout vroegtydig in grootmaat – sommer ‘n bakkievrag vol met ten minste 2000 stukkies hout op ‘n slag. Selfs al reën dit sal dit altyd droog word solank dit net nie groen hout is nie. Hoe vroeër jy begin spaar en hoe meer jy daarvan opstapel, hoe beter werk dit oor die langtermyn – nes ‘n stapel droë hout. Só sê Jan Braai…
    12 min
  • Kuns met kontant 31 Augustus 2022
    Henco’s gast is de ambassadeur om de afrikaanse en nederlandse taal en muziek samen te brengen en te verzoenen. Zijn oorsprong ligt in Nederland, en hij is al sinds 1990 nationaal eigendom van Zuid-Afrika. Voor hem is schrijven en creëren het leukste van zijn beroep. Hij heeft echter een hekel aan de commerciële kant van de industrie, maar geeft toe dat het een noodzakelijk kwaad is. Luister naar de taal van het hart van Stef Bos.
    45 min
  • Kuns met kontant 24 Augustus 2022
    Henco Kruger kuier by Jacques de Villiers (Joshua Na Die Reën) op die familieplaas waar Jacques skerp herinneringe van sy kleintyd het. Hier leef hy sy liefde vir die lewe uit waar hy die natuur voel, proe en ruik. Vir Jacques lê daar oral in die natuur versreëls wat dalk ’n liedjie kan word; woorde is vir hom soos asem. Kuns Met Kontant maak ’n loergaatjie oop waardeur daar na beroemdes se geldsake gekyk word, maar uit hierdie gesprek met Jacques besef mens weer eens dat alles in die lewe nie oor geld gaan nie. ‘n Vraag en ‘n antwoord daarop vang vir Henco en Jacques albei onkant. Luister na hierdie diep en openhartige gesprek gevul met baie mooi oomblikke.
    40 min

About Spitstyd

From the publisher's feed

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!