Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

By Maroela MediaLeisureAutomotive
Download on the App Store

Wiele2Wiele episodes

  • Wiele2Wiele ry met Toyota se Rumion
    Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met twee verskillende sewesitplekvoertuie – die Mercedes-AMG GLS 63 4MATIC+ en Toyota se nuwe Rumion. Hulle spandeer ook tyd met Volkswagen se nuwe Golf 8 GTi, gee raad oor kapings en vereer ‘n legende. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    25 min
  • Wiele2Wiele ry met Volvo-trok
    Hierdie week is daar ‘n eerste vir Wiele2Wiele – hulle ry met Volvo se 16-liter FH16-vragmotor. Audi stel sy derde oorkruis sportnutsvoertuig (CUV) bekend: die Audi Q5 en SQ5 Sportback. Hulle rits ook met die Nissan Magnite rond en dan kry hulle Dakar-koors tydens die Parys400-veldren. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    25 min
  • Wiele2Wiele ry met Peugeot se nuwe bakkie
    Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Peugeot Landtrek-bakkie, beleef die ‘Meester van Afrika’ met Toyota se Land Cruiser 300 en hou kompetisie met die Toyota Rav4 Hybrid. Hulle gesels ook met Kirsten Landman wat die Suid-Afrikaanse vlag by die 2022 Dakar-ren omhoog gaan hou. Sy is die enigste vrou in die ‘Original by Motul’-kategorie. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele ry met nuwe Hyundai i20
    Hierdie week gaan rits Wiele2Wiele rond met die oulike nuwe Hyundai i20-buksie en Mercedes-Benz se GLB 220d kompakte sportnuts.
    Hulle gesels ook met Ross Holgate wat sopas vertrek het op ‘n 30 000 km-ekspedisie saam met sy bekende pa, Kingsley Holgate, met hulle Land Rover Defenders. Die span gesels ook met ‘n jongman, Neil van der Vyver, wat naam maak in Motorcross-renne. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele ry met Ford Ranger Raptor SE in Karoo
    Hierdie week gaan speel Wiele2Wiele met die Ford Ranger Raptor SE in die Tankwa Karoo. Hulle gaan ry ook met die Land Rover Defender 90 en met ‘n vuurwa – die Mercedes-AMG GLE 63 S 4Matic+ Coupe. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    25 min
  • Wiele2Wiele ry met GR Yaris en Eclipse Cross
    Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor “GTS” se ryk geskiedenis met die bekendstelling van die nuwe Porsche 911 GTS-reeks. Hulle spandeer ook kwaliteittyd met Toyota se GR Yaris-buksie en gaan ry met die Mitsubishi Eclipse Cross. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    25 min
  • Wiele2Wiele ry met Macan en X3
    Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die splinternuwe Porsche Macan en met die BMW X3. Hulle beleef ook die opgeknapte Ford Everest Sport en dan gesels hulle oor die toetse wat nuwe voertuie moet ondergaan en gee raad oor hoekom jy die regte motorfietskleredrag en -toerusting nodig het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min
  • Wiele2Wiele ry met nuwe Alfa Romeo’s
    Wiele2Wiele gaan ry met Alfa Romeo se opgeknapte Giulia en Stelvio. Hulle raak ook opgewonde oor Audi se vyfsilinder RS Q3, gesels veldren-aksie, turbo-enjins en ook oor al die jongste motorfietsnuus. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    25 min
  • Wiele2Wiele ry met die Fiat 500
    Hierdie week in Wiele2Wiele gesels die span oor die nuwe Toyota Gazooo Racing Hilux-bakkie vir die 2022 Dakar-ren. Hulle gaan ry met ‘n klein maar stylvolle tweesilinder-karretjie, die Fiat 500, en ervaar ook een van die kompakte sportnutsleiers, die Kia Sonet. Mini het ook hulle drie- en vyfdeur luikrug en -afslaankapmodelle opgeknap. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
    26 min

About Wiele2Wiele

From the publisher's feed

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van…

More shows like Wiele2Wiele

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,601 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

BizNews Radio by BizNews

BizNews Radio

21 Listeners