Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

By Maroela MediaLeisureAutomotive
Download on the App Store

Wiele2Wiele episodes

  • Wiele2Wiele gesels oor Ford se Mustang Mach 1
    Hierdie week ‘vlieg’ Wiele2Wiele wanneer hulle jou vertel van Ford se Mustang Mach 1. Hulle gaan ry ook met die Ford Ranger XL wat nou opgedollie is en vertel jou van Kia se nuwe Pegas-sedan. Daar is ‘n wenk oor koppelaars en ook al die jongste motorfiets-nuus.
    25 min
  • Wiele2Wiele ry met blitsige Audi en Mitsubishi se Xpander
    Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Audi se 331kW RS5 Sportback en met Mitsubishi se mooi veeldoelige voertuig, die Xpander. SVI het goeie nuus vir Kapenaars en Dunlop het ‘n nuwe band vir 4x4-entoesiaste. In Wiele2Wiele word daar raad gegee oor wat jy moet doen as booswigte spykers in die pad gooi.
    25 min
  • Wiele2Wiele gesels oor die vol-elektriese Porsche Taycan
    Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Porsche se vol-elektriese Taycan. Daar was veldrenaksie in Upington by die TGRSA 1000-woestynren en hulle vertel jou alles daarvan. Dit is ‘n bakkie-oorlog in die jongste episode van Perdekrag en Nicol Louw gesels in 2Wiele oor die Suzuki GSX-R1100.
    25 min
  • Wiele2Wiele gesels oor Audi se RS6 Avant
    Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor ‘n vinnige stasiewa, Audi se RS6 Avant. Hulle gaan ry ook met Audi se S5 Sportback en vat die langpad met VW se T6.1 Kombi. Toyota se blitsige GR Yaris word op die proef gestel en hulle gesels met die legendariese Sarel van der Merwe oor die Spirit of Amarok.
    26 min
  • Wiele2Wiele gesels oor Nissan se Magnite
    Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor die nuwe Nissan Magnite, ‘n B-segment-sportnuts. Hulle gaan hoor hoe dit by die “CEO Wheelchair Challenge” gegaan het, gee raad oor wat om te doen as jou motor se vensters opwasem en gesels oor BMW se nuwe 1250 motorfiets-reeks.
    24 min
  • Wiele2Wiele gesels oor Audi se SQ8
    Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus – van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en nuttige wenke.
    Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Audi se SQ8 met Audi se kragtigste dieselenjin nog en vertel jou hoe die Audi Q2 verander is. Hulle gaan ry ook met Kia se Picanto X-Line wat vir avontuur opgedollie is, gesels oor verkoeling en die manne raak nostalgies oor ou motorfietse.
    25 min
  • Wiele2Wiele gesels oor drie nuwe motors
    Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus – van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en nuttige wenke.
    Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor drie bekendstellings – Hyundai se nuwe i20, Citroën se opgeknapte C3 en Kia se splinternuwe Sonet.
    25 min
  • Wiele2Wiele gesels oor elektriese motorfietse
    Hierdie week gesels Wiele2Wiele met twee passievolle dames. Kriekie du Plessis van Agilitee Africa gesels oor die bekendstelling van drie elektriese motorfietse en Nicky Marais van KTM Paarl oor die Funduro-byeenkomste. In die jongste episode van Perdekrag word daar gekyk watter begrotingsbuksie die beste is en dan woon hulle ook ‘n adrenaliengevulde Toyota Gazoo Racing SA-dag by.
    25 min
  • Wiele2Wiele ry met spesiale Mazda3
    Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die spesiale uitgawe van die Mazda3 ter viering van Mazda (voorheen Toyo Kogyo) se 100 jaar bestaan. Hulle ry ook weer met Hyundai se Creta en vat die langpad met Toyota se Land Cruiser Prado 2.8L VX-L.
    25 min

About Wiele2Wiele

From the publisher's feed

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van…

More shows like Wiele2Wiele

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,601 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

BizNews Radio by BizNews

BizNews Radio

21 Listeners