Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met drie sportnutse – die nuwe Hyundai Santa Fe, die Renault Koleos en Volvo se XC60 D5. Hulle gesels ook oor wrywingskoeffisiënt en die uitstekende brandstofverbruik wat mens met twee wiele kry.
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Suzuki se gewilde Swift wat nou ‘n nuwe voorkoms en meer bykomstighede het. Hulle gaan ry ook met Peugeot se pragtige nuwe 3008 kompakte sportnuts en Ford se EcoSport Ambiente Auto. In 2Wiele word daar oor KTM se nuwe modelle gesels.
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die vuurwarm Mercedes-AMG A 45 S en vat dan die pad met die Ford Tourneo Custom-bussie en Audi se Q3 Sportback kompakte sportnuts. Hulle gesels oor petrol- en dieselpompkalibrasie en kry hulle hande vuil vir 2Wiele.
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Opel se nuwe Corsa, Volvo se XC40 Recharge wat op pad is en Lexus se pragtige IS 300H sedan. Hulle deel ‘n kliënt se ‘stap die ekstra myl’-ervaring en gesels ook oor nasionale motorfietsrenne.
Wiele2Wiele ry hierdie week met ‘n wolf in skaapsklere – VW se nuwe Amarok V6-bakkie, asook met die Audi A4 35 TFSI. Die Porsche Taycan Cross Turismo en Toyota Urban Cruiser is onlangs bekendgestel en hulle vertel jou meer. Die nuwe hoof van Sumitomo Rubber SA kuier in die ateljee en vir 2Wiele word 'n luisteraar se vraag beantwoord.
Hierdie week tydens Wiele2Wiele is daar ‘n kompetisie tussen twee kompakte sportsnutse – Peugeot se 2008 en Hyundai se Creta. Daar word met Toyota se Land Cruiser Prado in die boendoes gaan ry, daar is 'n lusmakertjie vir die volgende episode van Perdekrag en hulle gesels oor die ‘CEO Wheelchair Challenge’.
Hierdie week hoor Wiele2Wiele wat dink Dawie Senekal van Suzuki se nuwe Vitara Brezza, Carl gaan ‘vlieg’ besigheidsklas met Volkswagen se luukse Caravelle, hulle gesels oor 3-silinder enjins en raak opgewonde oor die koms van KTM se 1290-modelle.
Hierdie week hoor Wiele2Wiele wat dink Dawie Senekal van Suzuki se nuwe Vitara Brezza, Carl gaan ‘vlieg’ besigheidsklas met Volkswagen se luukse Caravelle, hulle gesels oor 3-silinder enjins en raak opgewonde oor die koms van KTM se 1290-modelle.
24 min
About Wiele2Wiele
From the publisher's feed
Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van…