Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

By Maroela MediaLeisureAutomotive
Download on the App Store

Wiele2Wiele episodes

  • Wielie2Wiele vat die pad met Audi se nuwe Q7
    Hierdie week skyn Wiele2Wiele die kollig op Audi se nuwe Q7, gaan ry met Nissan se spesiale Qashqai Midnight Edition en deel Nissan se nuus oor hulle nuwe Navara-bakkie. Hulle gee ook raad oor dinamometers en vertel jou wie is ons Suider-Afrika-deelnemers aan die 2021-Dakar-ren.
    26 min
  • Luister: Wiele2Wiele ry met die Mercedes-AMG A 35
    Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die Mercedes-AMG A 35, Honda se nuwe Ballade en hulle nuwe WR-V. Toyota se opgekikkerde Fortuner is hier en hulle het 2021 Dakar-nuus. Powerflow Bellville verduidelik die verskil tussen vlekvrye staal en sagte saal en dan kan jou sesde sintuig jou beskerm op jou motorfiets.
    26 min
  • Luister: Wiele2Wiele ry met die giftige Cayenne GTS
    Hierdie week is Wiele2Wiele rooi en mooi met Porsche se giftige Cayenne GTS. Hulle vertel vir jou meer oor die oulike Mazda2 en voel of hulle in ‘n luukse sitkamer sit met Mercedes-Benz se V300d-bussie. Hulle het ‘n interessante wenk en gesels met Neil van der Vyver, die nuwe 65cc- Suid-Afrikaanse Motocross-kampioen.
    27 min
  • Luister: Wiele2Wiele ry met Porsche se blitsige 911 Turbo S
    Hierdie week vir Wiele2Wiele gaan jy styf moet vasklou vir Porsche se blitsige 911 Turbo S. Hulle vat jou ook op ‘n Land Rover Defender-ekspedisie saam met die Kingsley Holgate-stigting om ‘n verskil te maak, raak groen oor Car-tydskrif se ‘Performance Shootout’ en raak lus vir ‘n motorfietsavontuur saam met Bike Routes.
    26 min
  • Luister: Wiele2Wiele ry met die Grand i10 en Civic Sport-sedan
    Hierdie week vertel Wiele2Wiele jou meer oor Hyundai se nuwe Grand i10, gaan rits rond met Honda se Civic Sport-sedan en vat die pad saam met Dunlop-bande en hulle ‘Grandtrek Uncharted’-projek. Hulle vertel jou ook meer oor hul ervaring van BMW se R 180-motorfiets en maak jou lus om weer ‘n Superbike-tydskrif in jou hande vas te hou.
    26 min
  • Luister: Wiele2Wiele ry met Cayman GT4
    Hierdie week het die Wiele2Wiele-span ‘n giggelgeel-laggie van lekkerte wanneer hulle gaan ry met die Porsche 718 Cayman GT4. Hulle vertel jou ook oor Renault se Sandero-reeks wat opgeknap is met ‘n Stepway Techroad-model, hoor hoe klink dit binne-in ‘n SVI Max 3 koeëlvaste voertuig en gee raad vir 2-wiele.
    26 min
  • Luister: Wiele2Wiele ry met die Hilux Legend RS-bakkie
    Hierdie week kry opgeknap ‘n nuwe betekenis wanneer Wiele2Wiele gaan ry met Toyota se nuwe Hilux Legend RS-bakkie. Hulle gaan saam met Liana Reiners op ‘n Kia-avvontuur, gaan loer in by Powerflow Bellville om te sien wat by hulle op die voertuighysers is, gesels oor die voordele van allooiwiele en oor KTM se nuwe 890 Adventure R-motorfietse.
    25 min
  • Luister: Wiele2Wiele ry met Isuzu se opgeknapte mu-X
    Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Isuzu se opgeknapte sewesitplek-mu-X-sportnuts, rits rond met Suzuki se Ignis wat ook nou ‘n nuwe baadjie het en verken die Kaap by die bekendstelling van Kia se Seltos-dieselenjin. Hulle gee raad oor hoe om jou outomatiese voertuig te sleep en vir 2wiele gaan die hele span terug in tyd met die Honda NC30 VFR 400.
    26 min

About Wiele2Wiele

From the publisher's feed

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van…

More shows like Wiele2Wiele

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,601 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

BizNews Radio by BizNews

BizNews Radio

21 Listeners