Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

By Maroela MediaLeisureAutomotive
Download on the App Store

Wiele2Wiele episodes

  • Luister: Wiele2Wiele ry met die Land Rover Defender
    Wiele2Wiele het met die nuwe Land Rover Defender gery en kan nie uitgepraat raak nie. Toyota sê totsiens vir die Etios maar verwelkom die nuwe Starlet wat veral die jongklomp se aandag gaan trek. Hulle gesels oor elektroniese stelsels en oor die Total Agri 400-veldren wat naelskraap geëindig het.
    26 min
  • Luister: Wiele2Wiele gesels oor die Porsche Panamera
    Hierdie week droom Wiele2Wiele oor die nuwe Porsche Panamera wat internasionaal bekendgestel is, gaan ry met Ford se Ranger Wildtrak-bakkie en spandeer tyd met Land Rover se Discovery Sport. Hulle gesels ook oor vlekvryestaal-uitlaatstelsels wat jou voertuig kan laat fluister of grom en raak nostalgies oor die heel eerste supermotorfiets – ‘n Honda CB 750 F.
    25 min
  • Luister: Wiele2Wiele gesels oor die Kia Picanto Runner
    Hierdie week kom kuier ‘Jane Fonda’ by Wiele2Wiele met die nuwe Kia Picanto Runner. Dan gaan ry Wiele2Wiele met Toyota se opgekikkerde C-HR en gaan grawe in die argiewe saam met Ford SA vir Vrouemaand – Jeanette het in 1999 met ʼn Ford Mustang ‘n landspoedrekord vir vroue opgestel. Hulle gee raad oor batterye en gesels oor Honda se sessilinder CBX 1000-motorfiets.
    26 min
  • Luister: Wiele2Wiele Jaguar F-Type
    Hierdie week vier Wiele2Wiele Vrouemaand met die aankoms van Jaguar se nuwe F-Type, praat oor ʼn ten volle elektriese driewiel-afleweringswaentjie wat in Stellenbosch ontwikkel is en vervaardig word, raak opgewonde oor motorsport wat weer in Suid-Afrika begin het en gaan kuier saam met die Superbike tydskrif by Brad en Darryn Binder se ouers.
    27 min
  • Luister: Wiele2Wiele gesels oor BMW, Toyota se Corolla en Brad Binder
    Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor BMW se M340i X-drive – die enigste sessilinder in die BMW 3-reeks en gaan ry ook met die vars en moderne nuwe Toyota Corolla Sedan. Hulle glimlag oor tweeslag-enjins wat op pad terug is en staan breëbors trots oor die Suid-Afrikaner Brad Binder wat geskiedenis gemaak het nadat hy die MotoGP-ren met sy KTM-motorfiets gewen het.
    26 min
  • Luister: Wiele2Wiele ry met die Porsche Taycan
    Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Porsche se eerste ten volle battery-aangedrewe elektriese voertuig, die Porsche Taycan. Hulle gaan ry wind in die hare verder met die Zontes ZT310-T Adventure-motorfiets, gesels oor AutoTrader se ‘2020 Car Industry Report’ en skop stof op met groot plaaslike motorsport nuus.
    26 min
  • Luister: Wiele2Wiele ry met die vuurwarm Megane RS 300 Trophy
    Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Renault se vuurwarm Megane RS 300 Trophy wat hulle nou self eerstehands beleef het. Hulle is ook beïndruk met Mitsubishi se Eclipse Cross 1.5L en glimlag breed oor die brandstofverbruik wat jy kry van die Zontes ZT310-T Adventure-motorfiets. Dit is nou ‘n goeie tyd om ʼn motor te koop en hulle gee raad oor turbo-traagheid.
    25 min
  • Luister: Wiele2Wiele gesels oor Land Rover se Defender
    Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Land Rover se langverwagte Defender, gaan ry met Jaguar se F-Pace Chequered Flag en wonder hoe lank jy brandstof kan stoor. Hulle raak opgewonde oor die eerste Moto GP-ren van die jaar en gesels met Clinton Pienaar oor die Julie-uitgawe van die Superbike-tydskrif wat jy weer gratis kan gaan lees.
    25 min

About Wiele2Wiele

From the publisher's feed

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van…

More shows like Wiele2Wiele

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,601 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

BizNews Radio by BizNews

BizNews Radio

21 Listeners