Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

By Maroela MediaLeisureAutomotive
Download on the App Store

Wiele2Wiele episodes

  • Luister: Wiele2Wiele gesels oor GTI en Corolla Sedan
    Hierdie week raak Wiele2Wiele nostalgies oor die ikoniese GTI-handelsmerk in Suid-Afrika. Hulle praat verder oor Toyota se planne, insluitend die nuwe Toyota Corolla Sedan en daar is motorsportnuus. Daar word ook gekyk na voertuie wat op petrol en gas loop en vir 2Wiele het SuperBike Magazine vir jou fantastiese nuus met die tydskrif wat nou gratis beskikbaar is om te lees.
    26 min
  • Luister: Wiele2Wiele gesels oor Toyota se planne, Motor van die Jaar-wenners
    Hierdie week gesels Wiele2Wiele met Toyota Suid-Afrika oor sy onmiddellike planne rakende die Covid-19-pandemie en daar word gekyk na die wenners van AutoTrader se Motor van die Jaar-kompetisie. Verder word daar saam met Ironman 4x4 om die spreekwoordelike kampvuur gekuier en die span raak nostalgies saam met Suzuki SA wanneer daar oor die nuwe DL1050XT V-Strom motorfiets gesels word.
    26 min
  • Luister: Wiele2Wiele gesels oor Jaguar Land Rover wat help met Covid-19
    Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Jaguar Land Rover SA wat aktief besig is saam met die Suid-Afrikaanse Rooikruisvereniging te midde van die Covid-19-pandemie en hoe hulle tot Jesse Kriel se redding gekom het voor die afsonderingstydperk begin het.
    Intussen sê Volvo Suid-Afrika daar is lig aan die einde van die donker tonnel nadat die Volvo-fabriek in China weer oopgemaak het.
    Nicol Louw gesels oor enjins wat van direkte petrolinspuiting gebruik maak en in Wiele2Wiele word daar meer uitgevind oor die man met die ZA Bikers-valhelm.
    25 min
  • Luister: Wiele2Wiele gesels oor nuwe 12de generasie Corolla
    Tydens die nasionale inperking bly Wiele2Wiele se wiele nog spreekwoordelik aan die rol – hulle gesels oor die nuwe 12de generasie Toyota Corolla – praat oor sagterware wat al jou geheime verklap, Braam Smit van ZA Bikers inspireer ons met ‘n 2Wiele storie en dan gaan Ironman 4x4 jou help om jou kroos besig te hou oor hierdie tyd.
    25 min
  • Luister: Wiele2Wiele oor Lambo se Hurucán Evo en Urus
    Hierdie week vir Wiele2Wiele gaan die klanke van Lamborghini se Huracán Evo en Urus Super Sportnuts jou laat glimlag. Suzuki SA laat nie toe dat ‘n virus hulle moed breek nie en gaan digitaal met die bekendstelling van die nuwe S-presso. Die span vertel jou wat gebeur as jy sonder diesel gaan staan en is breëbors trots oor Taye Perry wat die manne ‘n ding of twee gewys het by die Sonora Rally in Mexiko.
    25 min
  • Wiele2Wiele bekyk finaliste vir motor van die jaar
    Hierdie week kyk Wiele2Wiele na die 14 finaliste van die AutoTrader South African Car of the Year-kompetisie. Die span gaan ry met die Mazda 3-luikrug, staan verbaas oor die splinternuwe Land Rover Discovery Sport, gesels oor silinder-deaktivering en wonder watter motorfietshelde jou beïnvloed.
    24 min
  • Luister: Wiele2Wiele ry met die Lexus UX 250h SE-hibried
    Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die Lexus UX 250h SE-hibried, gesels met Brendon Staniforth van Maroela Media oor die Suzuki S-Presso wat hy in Indië ervaar het, gee vir jou meer inligting oor verkope in die tweedehandse-voertuigmark en hoor waarmee Taye Perry doenig is na Dakar 2020.
    25 min
  • Luister: Wiele2Wiele ry met opgeknapte Toyota CH-R
    Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Toyota se opgeknapte CH-R, BMW se M135i en VW se Caddy 1.0 TSI. Hulle leer jou meer oor laers (bearings) en maak jou lus vir lees oor motorfietse, wanneer hulle met Clinton Pienaar van die Superbike SA-tydskrif gesels.
    24 min

About Wiele2Wiele

From the publisher's feed

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van…

More shows like Wiele2Wiele

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,601 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

BizNews Radio by BizNews

BizNews Radio

21 Listeners