Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

By Maroela MediaLeisureAutomotive
Download on the App Store

Wiele2Wiele episodes

  • Luister: Wiele2Wiele kwyl oor Lamborghini se Sián Roadster
    Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en nuttige wenke.
    Hierdie week kwyl Wiele2Wiele oor Lamborghini se kragtigste voertuig nog – die Sián Roadster. Hulle rits ook rond met Ford se gewilde Figo Blu en raak opgewonde oor Land Rover wat hierdie week hulle nuwe Defender bekendstel. Die span deel ook goeie nuus oor die Kyalami 9 uur-uithouren en gesels oor uitlaatstelsels en snaakse motorfietse.
    25 min
  • Luister: Wiele2Wiele gesels oor Bentley se Bentayga
    Hierdie week raak Wiele2Wiele statig met Bentley se splinternuwe Bentayga en raak opgewonde oor Volkswagen Motorsport SA wat hulle GTC-renmotor bekendgestel het. Hulle ry ook met Audi se luukse A7 Sportback. Dan gaan kuier hulle weer om die kampvuur saam met Ironman4x4.
    26 min
  • Luister: Wiele2Wiele ry met VW se Amarok Canyon
    Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met ʼn bakkie wat voel soos ʼn sportnuts – Volkswagen se Amarok Canyon. As jy jou hande op Renault se Megane RS 300 Trophy wil kry sal jy vinnig moet spring aangesien daar net sewe beskikbaar is. Verkies jy ‘n inlyn-, of V6-enjin en vir 2-wiele is dit tyd vir die Superbike-tydskryf, wat jy weer gratis aanlyn kan gaan lees.
    26 min
  • Luister: Wiele2Wiele gesels oor 3 uiteenlopende sportnutse
    Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor drie uiteenlopende sportnutse – die Mitsubishi ASX, Volvo XC60 en oor die nuwe Volkswagen T-Roc. Vir die weeklikse wenk kyk hulle na ‘n 6,7 liter SVI Max 9 gepantserde voertuig en kry hoendervel oor verskillende motorfietsklanke vir 2-wiele.
    25 min
  • Wiele2Wiele bekyk ʼn ikoniese motor, Mahindra en Honda
    Wat kry jy as jy ʼn ikoniese motor se tydlose styl kombineer met ultramoderne tegnologie en ontwerp? Nog ʼn ikoon natuurlik, soos met die Porsche 911 Targa 4S Heritage Design Edition. Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus.
    24 min
  • Luister: Wiele2Wiele ry met die Atos
    Hierdie week gesels Wiele2Wiele met Wils Raubenheimer van Hertz Suider-Afrika, wat volstoom aan die gang is ten spyte van Amerika wat swaar trek. Motus sê die beste tyd om ʼn motor te koop is nou en dan gaan ry die span met Hyundai se klein Atos-buksie, wat al ‘n paar toekennings ingepalm het. Alternatiewe gebruike vir brandstof klink slim maar dit is nie en vir 2Wiele gaan die manne terug in tyd saam met Honda.
    25 min
  • Luister: Wiele2Wiele ry met Alfa se Stelvio Q4
    Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met twee uiteenlopende voertuie – Alfa Romeo se Stelvio Q4-vuurwa en Suzuki se sakpas S-Presso. Hulle gaan kuier om die kampvuur saam met Mic van Zyl van Ironman 4x4 en droom saam van hulle volgende 4x4 avontuur.
    23 min
  • Luister: Wiele2Wiele gaan terug in tyd saam Porsche
    Hierdie week gaan Wiele2Wiele terug in tyd na 1965 toe die eerste Porsche Targa bekendgestel is voor hulle gesels oor die nuwe Porsche 911 Targa 4 en 911 Targa 4S. Die span raak nostalgies wanneer hulle met Rian van Eeden gesels oor sy versameling van Matchbox-karretjies. Hulle gee ook raad oor batterye en kyk na die Mei 2020-uitgawe van die Superbike SA-tydskrif, wat jy weer gratis kan lees.
    25 min
  • Luister: Wiele2Wiele gesels oor Lamborghini se virtuele bekendstelling
    Hierdie week gaan Wiele2Wiele terug in tyd met Gerrida Dickson wat die storie vertel van haar eerste motor. Hulle sien die nuwe Huracán Evo RWD Spyder in hul eie motorhuis nadat Lamborghini die voertuig virtueel deur middel van verhoogde realiteit (augmented reality) bekend gestel het. Hulle gesels oor BST-koolstofveselvellings en raak nostalgies oor die Suzuki Katana-motorfiets.
    25 min

About Wiele2Wiele

From the publisher's feed

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van…

More shows like Wiele2Wiele

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,601 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

BizNews Radio by BizNews

BizNews Radio

21 Listeners