Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about AGTERBLAD:How many episodes does AGTERBLAD have?The podcast currently has 29 episodes available.
October 26, 2021AGTERBLAD EXTRA EXTRA! - F1: Max sê Ja! in VSA; Finale-vyf voorspelling vir die kampioenskap en 2022-Seisoen BestuurdersskuiweIn 'n spesiale episode van Agterblad; is dit die debuut van Ekstra, Ekstra! waar lede van die Agterblad-span in diepte kan gesels oor sportonderwerpe en gebeurtenisse wat nie altyd dieselfde tyd toegestaan word in die propvol weeklikse Agterblad episodes nie. In dié episode, gesels Hendré en Francois oor die 2021 VSA-Grand Prix waarin Max Verstappen 'n reuse stap geneem het na sy eerste bestuurderskampioenskap deur die Mercedes van Lewis Hamilton agter te hou in 'n naelbytende finale rondtes (1:20-22:15). Verder kyk hulle vorentoe na die laaste 5-wedrenne wat voorlê en wie tussen die twee kampioenskapmededingers die trofee gaan lig op die 12de Desember in Abu Dhabi (22:17-34:10).Die Bestuurdersskuiwe van volgende seisoen word ook onder die kollig geplaas, met bespreking en debat rondom Russel by Mercedes, 2022-regulasies en die moontlikheid van Colton Herta se skuif van Indycar na F1 (34:15-57:12). 'n Propvol episode van F1 analise en debat! Maak seker om ons te laat weet wat jy dink van dié onderwerpe op ons sosiale media blaaie!...more58minPlay
October 25, 2021Episode 7 - Proteas Ploeter, Bok-groep bespreking en Namibië na aan wenresep?Na die Proteas se power prestasie in die openingswedstryd van die Super 12-rondte by die T20-Wêreldbeker, lig die manne hul gemoed met ‘n trippeldoor Erasmus – van die Rassie, Frikkie en Gerrie variëteit.In Van die Blad Af word die nuuswaardigste Wêreldbeker-welslae gedeel en die Bok-groep word bekendgemaak. Die nuutste oor Rassie se regsrumoer word ook meegedeel (3:40-6:45).In die Losskrum word Boucher & Kie betwyfel (6:50-17:40) en die Bok-groep (en -breiers) bespreek (17:45-38:17). Na aanleiding van Namibië se “underdog”-uitnemendheid en die VSA se minder as fantastiese vertoning teen die All Blacks, word daar gefilosofeer oor watter faktore sportsukses bewerkstellig (38:20-55:40).Op die Telbord kom die Namibiese krieketspan se plek in sportgeskiedenis onder die loep en word Morras se status as Boklegende bespreek (55:45-1:01:30).‘n Paar name (meeste van hulle met die van Erasmus) word ook in die Hoek van Helde verewig (1:01:40-1:04:35)....more1h 7minPlay
October 17, 2021EPISODE 6 -Skitterende Stormers, Fantastiese Faf, Nuweland NostalgieNa ‘n stiller, dog nie minder dramatiese, week van sport, is die Agterblad-span terug! Die jonkste sportnuus – van die seëvierende Stormers tot die super Super Kings – word in Van die Blad Af gedeel. Ons gee ook ‘n vooruitskouing van die T20-Wêreldbeker wat die week afskop (2:00-5:56).In die Losgemaal, bespreek ons KSA se Faf-flouter en die stremming wat swak bestuur op sportontwikkelling sit (6:00-18:10). Ter viering van die nuus dat toeskouers weer binne stadions toegelaat word, roep ons ook ons gunsteling stadion-herinneringe op (18:15-43:50).Op die Telbord word ‘n ondersoek na Ole en United geloods en die gunstelinge vir die Wêreldbeker gedebateer (44:00-47:50). In die Hoek van Helde figureer die florerende Faf en die Gelante heer van WP Rugby (47:55-52:55).Laastens, word daar geskerts oor die komende sportweek, met sekere ambisieuse Arsenal-ondersteuners wat selfs glo hulle span kan die magtige Crystal Palace klop (53:00-58:19)....more59minPlay
October 10, 2021Episode 5 - Fury vernietig Wilder weer, Hamilton Hik en Bottas, Bulle, Boeta Bo!In Van die Blad Af deel ons nuus oor Bafana se Ethiopië-ekspedisie, Rassie se verhoor en Newcastle se nuwe koninklike fonds.In die losgemaal roei die manne oor Fury se veelsydigheid en veglustigheid, hoe Wilder geen geluk in Vegas kon vind nie en oor die toekoms van die swaargewig afdeling (5:15-23:20). Ons skerts oor Hamilton se Mercedes-miskommunikasie en bewonder Bottas se bobaas-vertoning (34:41-45:48). Op die rugby front word daar oor die Bulle en die betowerende Boeta bespiegel, terwyl die Stormers weer sukkel (23:21-34:40).Op die Telbord, debateer ons oor boksgeskiedenis, F1 en die welslae van Suid-Afrikaanse spanne in die URC (45:50-53:20). Die Hoek van Helde word ‘n paar name ryker, party meer bekend as ander (53:40-57:27), en die hoogtepunte van die aanstaande week word uitgelig in Beseringstyd (57:30-1:02:57)....more1h 3minPlay
October 03, 2021Episode 4 - Bokke is Bobaas in Brisbane!Vir die eerste keer in die program se kort geskiedenis, kan die manne uiteindelik gesels oor 'n Bokke wen (12:10-54:00). Die Groen en goudstandaard het hulle aartsvyande 31-29 geklop om hul Rugby Kampioenskap toer tot 'n suksesvolle einde te bring. Verder, gesels ons al die nuus vanuit die Ultimate Rugby Championship en paar name om dop te hou met 'n oog op die toer na die Noorde einde van die jaar, saam met al die ander nuus in die Sportwêreld vandeesweek (0:01-12:09). Die ouens kompeteer op die telbord rakend Ole by United en hulle Champions League gunstelinge (54:03-58:40), bekroom hul helde van die week (58:02-1:02:30) en kyk na wat voorlê in die week wat kom (1:02:31-1:06:43)....more1h 7minPlay
September 27, 2021Episode 3 - Sopnat in Sochi: Mclaren malhuis veroorsaak Norris nederlaagDie manne is terug om oor die week se sport te gesels. In dié episode praat ons oor 'n skitterende Sochi wedren waar Mclaren se Lando Norris so naby, maar tog te ver, van 'n eerste oorwinning was (2:25-21:12), die Premierliga naweek wat die titel toutrek bo-aan die punteleer nog meer naelbytstryd gemaak het (21:15-31:30) en die uitstekende Usyk wat Anthony se 'Fury geveg' aspirasies gesink het (31:31-38:35). Verder kompeteer ons op die Telbord oor Lewis se GOAT status, Fernandez of Ronaldo en nog vele meer (38:40-48:05), bekroon ons helde van die week (48:07-52:09) en kyk na wat voorlê in die sportweek voorentoe (52:10-55:03)....more56minPlay
September 19, 2021Episode 2 - Die Bom bars in Brisbane: Suncorp-Slagting steier Springbokke.Vir die tweede week in 'n ry, het die manne slegte nuus. Bok berading is in volle swang soos die Agterblad span die Bokke se 30-17 nederlaag teen die Wallabies analiseer en vra waarnatoe ons hiervandaan gaan (2:45 - 45:54). Verder gesels ons al die nuutste nuus van die Blad af (0:00 - 2:44), kompeteer op die Telbord rakend Faf, die Wêreldbeker en Johan Goosen (45:45 - 52:10), bekroon die week se Helde (52:11 - 56:30), voor ons afsluit met 'n vinnige kyk na wat voorlê dié week in die sportwêreld (56:31 - 59:35)....more1hPlay
September 13, 2021Episode 1 - Debuut Episode; BokSkok en Monza-mannewalesIn vandag se debuut episode: Analiseer en treur ons die Bokke se nederlaag in Australië (0:00 - 15:00); Praat hoop in na die Proteas se T20-Wêreldbeker Spanaankondiging (15:29 - 23:10); Debatteer Lewis en Max se Monza-mannewales (24:00 - 35:30); Reflekteer op Ronaldo se tweede dans (35:35-45:20); Sit vinnigste voete voor op die Telbord (45:20 - 55:05), Bekroon ons Hoek van Helde (55:10 - 58:45) en Bied 'n voorsmakie vir wat om na uit te sien in die komende week van Sport (58:50 - 1:02:03). Sit terug, Sit aan en kom kry jou Sportkennis op die regte pad met die Agterblad span!...more1h 3minPlay
September 05, 2021Episode 0 - Welkom by Agterblad!In dié episode verwelkom ons almal na die nuwe sport-verskeidenheidsprogam wat die potgooi wêreld betree! Ons bied vir jou 'n voorsmakie van die program, asook wat om te verwag van Episode 1 op Sondag die 12de September. ...more3minPlay
FAQs about AGTERBLAD:How many episodes does AGTERBLAD have?The podcast currently has 29 episodes available.