'n Luisteraar het via Monitor en Spektrum se Facebookblad laat weet dat waar sy teenaan die Vaalrivier bly, tussen Vanderbijlpark en Parys, daar 'n groen, poeierige stof in die water is. Ná reaksie van nog ander lede op haar skrywe, is besluit om ondersoek in te stel. 'n Plantkenner van die Noordwes Universiteit, dr. Sanet Janse van Vuuren, sê hulle studies toon dat daar die afgelope paar jaar daar 'n toename was in besoedeling in die Vaalrivier. Sy meen die stof kan moontlik die skadelike blougroen-alge wees.