Dit is nog onseker wanneer Clive Derby-Lewis op parool vrygelaat sal word. Derby-Lewis se prokureur, Marius Coertze, het vanoggend in Pretoria bekendgemaak dat sy aansoek om mediese parool goedgekeur is. Derby-Lewis het verskeie aansoeke om parool in die lig van sy swak gesondheid gedoen. Dit is telkens afgekeur. Coertze sê hulle moet nog een klein vereiste nakom voordat die saak afgehandel kan word.