Verskille oor steun aan president Jacob Zuma is moontlik onderliggend aan die troebel verhouding tussen Cosatu en Numsa. Dit blyk uit 'n onderhoud met die sekretaris-generaal van Cosatu, Zwelinzima Vavi. Volgens Vavi is sy mening oor die saak nie oral ewe gewild nie, maar hy was bereid om toe te gee dat daar uiteenlopende menings hieroor in Cosatu is.