Die DA en Cosatu se gevegte gister in Johannesburg se middestad word op al wat sosiale media netwerk is bespreek en ontleed. Die DA-leier in Gauteng, John Moodey, het gewaarsku dat dit maar net die begin is en dat die koppestampery tussen Cosatu en die DA herinner aan 1976. Op sy beurt, het Cosatu se nasionale woordvoerder, Castro Ngobese, gesê die DA mag nêrens in die land 'n opmars hou nie. Om dit in 'n sosio-politieke konteks te plaas, gesels Anita Visser met prof. Andries Bezuidenhout van die Universiteit van Pretoria se Departement Sosiologie.