Die laaste paar dae word daar weer baie geskryf oor dit wat nodig is om die Suid-Afrikaanse ekonomie op dreef te kry. Party kommentators vra vir drastiese stappe, ʼn basiese inkomstetoelaag, of dat ons net eers die skuldlas onder beheer moet kry. Sommige sal sê arbeidsmarkhervorming, maar is verstaanbaar versigtig om te verduidelik presies wat verander moet word. Die een aspek is die stelsel van kollektiewe bedinging.