Die laaste paar dae se nuusberigte wys net hoe kwesbaar Suid-Afrika se ekonomiese herstel is. As dit lyk of Sjina begin stadiger groei, en daar is druk op energiepryse, dan val die rand en almal wonder met hoeveel gaan inflasie en rentekoerse styg. Meeste ontleders dink dat hervormings beweeg in die regte rigting, maar nog te stadig. Die hoof van Business Leadership SA het ʼn beroep op die President gedoen om gou weer ʼn groot stap te neem, maar wat sou dit kan wees?