Volgens die kwartaallikse arbeidsmagopname het indiensname toegeneem in die derde kwartaal en die werkloosheidskoers afgeneem. As dit te goed klink om waar te wees, onthou dat die maandelikse aanwysers wat wys dat die ekonomie swaar gekry het in die derde kwartaal, wys dat die sektore waar produksie afgeneem het, ook dié is waar werke verlore gegaan het, spesifiek vervaardiging en mynbou. Maar wat weet ons dan van die werk wat geskep is?