As alles geloop het soos wat ons gehoop het sal vandag se inflasiesyfer al heelwat nader gewees het aan die teikenband. Jaar-op-jaar is die pryse van olie, gas, steenkool, koper, staal, ystererts, soya, koring, palmolie, katoen, sonneblom-olie en mielies beduidend laer. Die voorsieningsketting-bottelnekke is opgelos. Inflasie daal stadigaan oor die wêreld. Helaas, toe tref die terugslae ons.