Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Soos om 'n stemnota van die ekonomie te kry. Aanwysers, ontleding en kommentaar oor alles wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie aangaan.... more
FAQs about Die ekonomie minuut:How many episodes does Die ekonomie minuut have?The podcast currently has 2,065 episodes available.
February 24, 2025Almal gee nou raad vir die Begroting 2.0Ek voel so bietjie jammer vir die Minister van Finansies en die span by Tesourie want hulle gaan tot 12 Maart moet luister na die raad van elke ou met ʼn podsending of brief in die koerant. Die groot spelers soos die IMF en Wêreldbank het reeds laat weet wat hulle dink.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch....more3minPlay
February 21, 2025Begroting EKON101Soos wat die stof bietjie gaan lê oor die voorgestelde twee persentasiepunt verhoging van die BTW koers en die manier hoe die Begrotingsrede uitgestel is, wys die begrotingsdokumentasie dat dit nie maklik gaan wees om ʼn nuwe Begroting voor te lê vroeg in Maart nie....more3minPlay
February 19, 2025En ons het gedink President Trump is ons grootste uitdaging...Ek het gehoop die Begrotingsrede gaan ʼn voorspelbare vervelige storie wees, maar dit is toe so opwindend dat dit uitgestel moet word. Die ander partye in die regering van Nasionale Eenheid het beswaar aangeteken teen die twee persentasiepunte verhoging van die BTW koers, vanaf 15% tot 17% wat die Minister van Finansies sou voorstel. So, wat beteken dit en wat gaan die gevolge wees?...more3minPlay
February 19, 2025Kan vandag se Begroting help om werkloosheid te verminder?Ons het nog nie ʼn finale BBP syfer vir die vierde kwartaal van verlede jaar nie, maar ʼn aanwyser wat wys dat dit beter gegaan het met die ekonomie is die werkloosheidsyfer. Daar is 132 000 meer mense indiensgeneem in die vierde kwartaal en die werkloosheidskoers het afgeneem vanaf 32,1% na 31,9%. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics....more2minPlay
February 18, 2025Begroting 2025: verwagtinge oor belastingDie Minister van Finansies lewer Woensdag die Begrotingsrede. In die vorige episode het ek vertel oor wat aan die bestedingskant verwag word. Vandag gaan oor die belastingvoorstelle....more2minPlay
February 17, 2025Begroting 2025: verwagtinge oor bestedingDie Minister lewer Woensdag die Begrotingsrede en in die vorige episode het ek geargumenteer dat die belangrikste ding wat hy kan doen is om beleggersvertroue te ondersteun om so investering en ekonomiese groei te verhoog. ʼn Deel daarvan gaan oor waarop hy die staat se geld, wat eintlik die belastingbetaler se geld is, bestee. So hoe lyk die verwagtinge?Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek....more3minPlay
February 14, 2025Wat moet die Minister doen om groei te dryf?Komende Woensdag lewer die Minister van Finansies die begrotingsrede en soos altyd is daar groot verwagtinge, Ek wil sê hy het net een werk en dit is om die ekonomiese groeikoers te verhoog, maar hoe moet so Begroting lyk?...more3minPlay
February 13, 2025Die vervaardigingsektor het ingekrimp in 2024Statistieke Suid-Afrika het hierdie week produksie- en verkopesyfers van die vervaardigingsektor vir Desembermaand bekend gemaak en die Desember en vol-jaar syfers is kommerwekkend....more2minPlay
February 12, 2025Die minimumloon het komplekse gevolgeDie minimumloon verhoog vanaf 1 Maart tot R28,79 per uur. Dit is ʼn 4,4% verhoging en presies die gemiddelde inflasiekoers van verlede jaar. Vir die werkers is die verhoging van die minimumloon goeie nuus want dit help om die koopkrag van hul loon te beskerm Burgerregte groepe sê die verhoging is te min en kleinsake sê dit is te veel. Maar wat sê die navorsing oor die impak van die minimumloon?Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics....more3minPlay
February 11, 2025Olie, goud, en investering... alles word geraak deur onsekerheidDaar is op die oomblik baie dinge, soos tariefoorloë en uitvoerende bevele, wat onsekerheid skep. Die vraag wat mense my vra is natuurlik wat is die impak op ons ekonomie?...more3minPlay
FAQs about Die ekonomie minuut:How many episodes does Die ekonomie minuut have?The podcast currently has 2,065 episodes available.