Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Soos om 'n stemnota van die ekonomie te kry. Aanwysers, ontleding en kommentaar oor alles wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie aangaan.... more
FAQs about Die ekonomie minuut:How many episodes does Die ekonomie minuut have?The podcast currently has 2,120 episodes available.
June 17, 2025Die ekonomie hou nie van handelsoorloë of regte oorloë nieVerlede week was ʼn dol een in die markte soos wat daar gereageer is op die handelsoorlog en die regte oorloëtussen Rusland en Oekraïne en ook Israel en Iran. Dit het die rand, olieprys en goudprys geraak.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch....more4minPlay
June 13, 2025Die markte is nie die ekonomie nieOp ʼn dag tot dag ,of week tot week basis is dit moeilik om te sê hoe dit met die ekonomie gaan. Opname data is eers na ʼn lang sloering beskikbaar. Dan gebruik ons of modelle,of die markte, om die storie te vertel en die week is dit nie maklik om te lees nie.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics....more3minPlay
June 10, 2025BTW nulkoerse debatIn Begroting 3.0 het die Minister van Finansies dievoorstel om die BTW-koers te verhoog, teruggetrek, maar dit beteken ook dat hy nie die lys van nulkoers-voedselitems uitgebrei het nie. Dit gaan beslis genoem word in hierdie week se debat oor die fiskale raamwerk.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch....more4minPlay
June 06, 2025'n Lae-groei lokvalStadige ekonomiese groei is die grootste uitdaging wat Suid-Afrika in die gesig staar. Na die syfer van 0,1% groei in die eerste kwartaal die week bekend gemaak is het ekonome op hulle tande gekners en die son het weer op gekom, maar ek dink dit is belangrik om te verduidelik hoekom lae groei saak maak.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics...more4minPlay
June 03, 2025Die Ekon deel van die Nasionale DialoogGereelde luisteraars sal weet dat praat af en toe oor ʼn stryd van idees in Suid-Afrika, spesifiek die groot vraagstuk van hoe ons die ekonomie moet laat groei. ʼn Klompie stigtings beplan ʼn groot saamtrek in Juliemaand op te praat oor die toekoms van beleid en die land en ek het ʼn nuwe blog begin vir ʼn ekonomiese perspektief op die gesprek. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch....more3minPlay
May 30, 2025Repokoers gesny en meer oor die teikenBaie ekonome het gehoop dat die Monetêre beleidskomitee die repokoers verminder maar was heimlik bekommerd oor internasionale onsekerhede en die komitee se konserwatiewe benadering. Gelukkig vir ons almal die repo toe met 25 basispunte gesny.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.Lees ook my nuwe blog: econdialogue.blog...more3minPlay
May 27, 2025My argumente vir 'n repokoers verminderingNa al die opwinding van Begroting 3.0 en die Presidente se ontmoeting in die Withuis sluit ons die maand af met ʼn repokoersbesluit. Die Monetêre beleidskomitee vergader van vandag af en maak Donderdag middag die repokoersbesluit bekend.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch....more4minPlay
May 23, 2025Hoekom die staatskuld saak maakDaar is heelwat goeie kommentaar oor die Begroting en die luisteraars wat fyn lees sal sien dat daar baie geskryf word oor die sogenaamde fiscal slippage. Dit is die feit dat die Minister meer moet leen as wat die medium-termyn raamwerk en selfs die Maart Begroting voorsien het. Die staatskuld-tot-BBP verhouding is veronderstel om ʼn piek te bereik, maar dit is op die hoër vlak van 77,4%. Dit is die moeite werd om te verduidelik hoekom dit so belangrik is.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics....more4minPlay
May 20, 2025Begroting 3.0 en die Presidente by die WithuisDit is ʼn week waarin ons asem ophou vir Begroting 3.0 en die samesprekings tussen Presidente Trump en Ramaphosa. Dit is belangrik gegewe die tekens dat die ekonomie beginmomentum verloor.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch....more4minPlay
May 16, 2025Werkloosheid, kwotas en ander krisisseHierdie week se werkloosheidsyfer was kommerwekkend. Daar is 245 000 werksgeleenthede verlore kwartaal tot kwartaal en daar is ʼn baie hoë jeugwerkloosheidskoers. Dit is eintlik nie nuus nie, maar dit is of daar so bietjie paniek in die lug is en die debat oor indiensnemingskwotas is baie skril. Dit is wat gebeur wanneer die ekonomie nie groei nie.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics....more5minPlay
FAQs about Die ekonomie minuut:How many episodes does Die ekonomie minuut have?The podcast currently has 2,120 episodes available.