Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Soos om 'n stemnota van die ekonomie te kry. Aanwysers, ontleding en kommentaar oor alles wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie aangaan.... more
FAQs about Die ekonomie minuut:How many episodes does Die ekonomie minuut have?The podcast currently has 2,077 episodes available.
January 29, 2025Ongelykheid is laer en ander interessanthede uit die IES2023Statistieke Suid-Afrika het gister die resultate van die Opname van Inkomste en Besteding bekend gemaak. Hierdie is die 2023 opname en die eerste sedert 2015 en het belangrike gebruike. Byvoorbeeld, om armoedelyne te bereken, ongelykheid te bepaal en om die verbruikersprysmandjie op te dateer.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics....more3minPlay
January 28, 2025Die onteieningswetDie Onteieningswet is nie die krisis wat sommige media bronne dit na laat klink nie., maar om dit nou te teken het gevolge vir beleidsonsekerheid....more2minPlay
January 27, 2025Dit is 'n week van rentekoersbesluiteHierdie is ʼn groot week vir rentekoersbesluite. Sentrale banke in Kanada en Brasilië, die Europese sentrale bank, Amerikaanse Fed, en ons Reserwe bank is aan die beurt.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch....more2minPlay
January 24, 2025Voedselpryse is (afwaarts) stramHierdie week se inflasiesyfer het gewys dat voedselprysinflasie nog laag is, maar die vlak van voedselpryse is ʼn teer punt vir verbruikers. Baie mense vra, as voedselprysinflasie laer is, en beurtkrag is verby, en brandstofpryse is laer, hoekom val pryse nie?...more2minPlay
January 23, 2025Desembermaand se inflasiesyferStatistieke Suid-Afrika het gister Desembermaand se verbruikersprys inflasiekoers bekend gemaak. Inflasie het gestug vanaf 2,9% in November tot 3,0% in Desember. Ek dink nie dit gaan ʼn groot invloed hê op volgende week se repokoers besluit nie.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics....more2minPlay
January 22, 2025Die 4de kwartaal se aanwysersDie IMF het onlangs hulle vooruitskatting van Suid-Afrika se vol-jaar ekonomiese groeikoers afwaarts aangepas tot 0,8% vir 2024. Dit is eintlik ʼn storie van groei in die vierde kwartaal en die prentjie is nie baie duidelik nie.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch....more3minPlay
January 21, 2025President Trump en die SA ekonomieDaar is al baie gespekuleer oor wat Donald Trump se tweede presidentskap van die VSA gaan beteken vir Suid-Afrika en ons ekonomie en ek wil vandag ʼn kort opsomming gee....more2minPlay
January 20, 2025Die Minuut skop weer afNa ʼn lekker lang vakansie is die Minuut terug op die lug die week en daar is baie om oor te gesels. Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek is Stellenbosch en Codera Analytics is aan boord as episode borge....more2minPlay
December 13, 2024JaareindeDit is lekker om die jaar af te sluit met optimisme oor 2025. Mens het altyd hoop, maar dit is lekker om positief te wees oor die vooruitsigte vir lae inflasie en vinniger ekonomiese groei. Ek het ook ʼn paar goeie idees vir die Minuut, meer video, dalk ʼn nuusbrief. Maar eers gaan ek vakansie hou....more2minPlay
December 12, 2024Dit het iets te doen met die prys van eiersVandag se episode gaan weer oor aanwysers. Statistieke Suid-Afrika maak hierdie week ʼn groot rondte data bekend wat insluit Oktobermaand se produksie en verkope in vervaardiging en mynbou, Novembermaand se Verbruikersprysindeks en die inflasiekoers en ook ʼn verslag oor die arbeidsmark in 2023....more2minPlay
FAQs about Die ekonomie minuut:How many episodes does Die ekonomie minuut have?The podcast currently has 2,077 episodes available.