Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Soos om 'n stemnota van die ekonomie te kry. Aanwysers, ontleding en kommentaar oor alles wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie aangaan.... more
FAQs about Die ekonomie minuut:How many episodes does Die ekonomie minuut have?The podcast currently has 2,120 episodes available.
March 04, 2025Aanwysers en Trump tarieweIn hierdie episode gesels ek oor ABSA en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek se aankopebestuurdersindeks en Naamsa se voertuigverkope data vir Februarie. President Trump het in Februarie tariewe ingestel op Meksiko en Kanada, maar die implementering met ʼn maand uitgestel. Dit is nou ʼn maand later so ek wil meer sê oor die tariewe en hulle impak.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch....more4minPlay
February 28, 2025Wat laat die goudbulle hardloop?As jy die goudprys dop hou sal dit nie nuus wees dat die goudprys die laaste jaar gestyg het vanaf $2650 per fyn ons tot $2950 aan die begin van die week. Dit het gedaal die laaste paar dae, maar goudbulle praat maklik van die $3000 merk. In ʼn tyd van gesofistikeerde beleggingsoplossings is goud weer in. Wat is die oorsaak?...more2minPlay
February 27, 2025Inflasie het effens gestyg in JanuarieStatistieke Suid-Afrika het gister Januariemaand se verbruikersprys inflasiesyfer bekend gemaak. Die inflasiekoers het gestyg vanaf 3% in Desember tot 3,2% in Januarie. Dit is in lyn met ekonome se verwagting dat inflasiedruk effens gaan toeneem hierdie jaar, maar onder die middelpunt van die Reserwebank se teikenband sal bly....more2minPlay
February 26, 2025'n Welvaartsbelasting sal ons in die voet skietEk wil eintlik nie oor welvaartsbelasting praat nie, maar van die verskillende idees op die tafel vir Begroting 2.0 is dit ʼn slegte een en ek voel ek moet maar iets sê.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics....more3minPlay
February 25, 2025Hierdie week se inflasiesyfersStatistieke Suid-Afrika maak more Januariemaand se verbruikersprys inflasiekoers bekend en ekonome is opgewonde vir ʼn paar redes. ...more3minPlay
February 24, 2025Almal gee nou raad vir die Begroting 2.0Ek voel so bietjie jammer vir die Minister van Finansies en die span by Tesourie want hulle gaan tot 12 Maart moet luister na die raad van elke ou met ʼn podsending of brief in die koerant. Die groot spelers soos die IMF en Wêreldbank het reeds laat weet wat hulle dink.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch....more3minPlay
February 21, 2025Begroting EKON101Soos wat die stof bietjie gaan lê oor die voorgestelde twee persentasiepunt verhoging van die BTW koers en die manier hoe die Begrotingsrede uitgestel is, wys die begrotingsdokumentasie dat dit nie maklik gaan wees om ʼn nuwe Begroting voor te lê vroeg in Maart nie....more3minPlay
February 19, 2025En ons het gedink President Trump is ons grootste uitdaging...Ek het gehoop die Begrotingsrede gaan ʼn voorspelbare vervelige storie wees, maar dit is toe so opwindend dat dit uitgestel moet word. Die ander partye in die regering van Nasionale Eenheid het beswaar aangeteken teen die twee persentasiepunte verhoging van die BTW koers, vanaf 15% tot 17% wat die Minister van Finansies sou voorstel. So, wat beteken dit en wat gaan die gevolge wees?...more3minPlay
February 19, 2025Kan vandag se Begroting help om werkloosheid te verminder?Ons het nog nie ʼn finale BBP syfer vir die vierde kwartaal van verlede jaar nie, maar ʼn aanwyser wat wys dat dit beter gegaan het met die ekonomie is die werkloosheidsyfer. Daar is 132 000 meer mense indiensgeneem in die vierde kwartaal en die werkloosheidskoers het afgeneem vanaf 32,1% na 31,9%. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics....more2minPlay
February 18, 2025Begroting 2025: verwagtinge oor belastingDie Minister van Finansies lewer Woensdag die Begrotingsrede. In die vorige episode het ek vertel oor wat aan die bestedingskant verwag word. Vandag gaan oor die belastingvoorstelle....more2minPlay
FAQs about Die ekonomie minuut:How many episodes does Die ekonomie minuut have?The podcast currently has 2,120 episodes available.