Statistieke Suid-Afrika se syfer wat sê dat meer as 2 miljoen huishoudings in 2021 honger gely het is hierdie week weer in die media. Mens voel dadelik ons moet iets doen, maar watter oplossings is daar vir hierdie probleem? Die ervaring tydens die Covid-pandemie het gewys dat oordragbetalings help, maar beteken dit dat die regering net groter toelae moet betaal? Watter rol kan kleinskaalse boere of huisehoudings se groentetuine speel?