Hoewel dit snaaks is, moet 'n mens sensitief wees vir die ouers se hartseer. So sê ds. Piet Fourie van die NG Kerk Panorama op Betlehem. Fourie het gereageer op 'n berig dat hy en vyf ander mense tydens die begrafnisdiens vir Tiaan Prinsloo in die graf geval het. Prinsloo is vermoedelik weens 'n bloedklont deur die hart in Desember dood. 'n Plank het meegegee waarop die stutpale van die graf gestaan het, en Fourie het bo-op die kis geval.