Die sopraan Doris Brasch wat vir haar kinderliedjies soos DIE LAPPOP en DAPPER MUIS bekend is, is verlede week op 82 aan kanker oorlede. Brasch is ook bekend vir haar operarolle in onder meer DIE TOWERFLUIT en Gustav Mahler se tweede simfonie DIE OPSTANDINGSIMFONIE, en het verskeie kere saam met die simfonie-orkeste van Johannesburg, Kaapstad en Durban opgetree. Sy word oorleef deur haar dogter en seun, asook sewe kleinkinders.