Spektrum het met Petronella Nieuwoudt van CARE FOR WILD geskakel om te hoor hoe dit met die klein renosterkalfie, Wyntir, gaan. Weens die sensitiewe aard van die situasie word die presiese ligging van die sentrum en hoeveel diere daar versorg word, geheim gehou. Neuwoudt het 'n vinnige onderhoud aan Spektrum toegestaan terwyl sy besig was om nog 'n renosterkalf te ontvang, wat in 'n kritieke toestand is nadat stropers haar met pangas op die neus gekap het om haar weg te hou van haar ma.