Die Britse laerhuis het gister gestem dat sogenaamde drieouerbabas wetlik toegelaat sal word. Dit is babas wat die DNS van twee vroue en een man het. Die debat sal nou voortgesit word in die hoër huis. Prof. Thinus Kruger van die Departement Verloskunde en Ginekologie aan die Universiteit van Stellenbosch sê die skuif is om te keer dat dodelike en ongeneesbare genetiese of mitochondriale siektes aanhoudend oorgedra word van ma na kind.