Net minder as eenmiljoen Suid-Afrikaanse Facebook-gebruikers het die afgelope ses maande nie op hulle profiele aangeteken nie. Die sosiale media moniteringsmaatskappy, SocialBaker, het aangedui dat volgens hulle navorsing, meer ouer mense Facebook begin gebruik, terwyl jong mense eerder op ander sosiale netwerke wil rondspeel. Die hoof van die Departement Rekenaarwetenskappe aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, prof. Jean Greyling, sê die tendens is nie uniek aan Facebook nie.