
Sign up to save your podcasts
Or


Die minister van elektrisiteit Kgosientso Ramokgopa keer vir sy wickets, na die ramptoestand opgehef is.
Dis nog nie eers ’n week na die aankondiging nie, en die DA kry reeds die wind van voor vir sy voorgestelde Moonshot pakt.
Die ANC in die Mangaung-metro wil sy raadslede onderwerp aan leuenverklikkertoetse, na hulle saam met die na hulle saam met die opposisie gestem het om Maryke Davies van die DA te verkies as Speaker. 'n Paar weke gelede het hulle te velde getrek teen "ondemokratiese" leuenverklikkertoetse in die Tshwane-metro.
Dis net 'n kwessie van tyd voor daar 'n dokumentêr gemaak gaan word oor Thabo Bester se ontsnapping.
Kry ons nog 'n rentekoers verhoging vandag?