Dertien mense is in Grabouw in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat winkels tydens betogings in die gebied geplunder is. Volgens die polisie het betogers na bewering ook probeer om 'n supermark te beroof. Alle skole op die dorp en die N2 is gesluit weens die voortgesette protesoptrede die afgelope 24 uur. Inwoners eis beter dienslewering en behuising.