Prof. Rudolph Zinn van die Departement Polisiepraktyk by Unisa sê die misbruik van staatsinstansies is 'n klad op Suid-Afrika se naam. Zinn sê dit is kommerwekkend dat daar klaarblyklik nie enige generaals in die polisie is wat wou standpunt inneem oor die misbruik van polisielede om gaste na 'n troue te begelei en op te pas nie. Na bewering is verskeie polisielede en voertuie gebruik om gaste, wat die troue van Vega Gupta by Sun City in Noordwes bywoon, daarheen te begelei. Zinn sê daar is regsimplikasies oor die gebruik van die staatshulpbronne en iemand sal moet pa staan indien 'n polisielid of 'n gas iets oorkom.