Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens oorweeg stappe teen die gaste van die Gupta-bruilof. Na wat berig word, was daar geen doeanebeamptes van die Inkomstediens by die Waterklooflugmagbasis teenwoordig om die gaste se bagasie te ondersoek nie. Gevolglik het die gaste glo duisende rande se trougeskenke die land ingebring, sonder om belasting daarop te betaal. Spektrum het navraag gedoen by die woordvoerder van die SAID, Adrian Lackay, maar hy het aangedui dat hulle geen onderhoude aan die media toestaan nie.