Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
n Bybelstudie reeks waarin die fokus op ons Here Jesus gerig is en Sy fantastiese volmaakte werk aan die kruis. Ons wil jou graag help om 'n ware dissipel te wees van Jesus, iemand wat Hom dupliseer, ... more
FAQs about InJesus Bybelstudie:How many episodes does InJesus Bybelstudie have?The podcast currently has 227 episodes available.
August 08, 2025Ep4 - Terwyl ek wag op my belofte - God is met jou!Terwyl Josef alles behalwe sien wat hy in sy droom gesien het, behou hy onbeskryflike goeie karakter en inbors. En God is met hom, soveel so, dat sy Goddelose baas dit kan sien.Wat sou my en jou reaksie wees as ons die regte ding doen en ons word daarvoor in die tronk gegooi?...more11minPlay
August 07, 2025Ep3 - Terwyl ek wag op my beloftes - Moenie jou eie planne maak nieKoning Saul was baie ongeduldig, maar dit was nie sy ondergang nie. Hy kon nie verantwoordelikheid vat vir sy foute en om verskoning vra nie, maar het eerder ander blameer en verskonings probeer maak. Dit is nie God se hart nie....more10minPlay
August 06, 2025Ep2 - Terwyl ek wag op my belofte - Wat is in my hartToe Israel aan die voet van Sinai wag vir Moses wat op berg is, het hulle gevoel hy bly nou te lank weg na hulle sin, en iets kom uit hulle hart wat hulle moontlik nie eens geweet het is daar nie. Hulle vra Aaron om vir hulle 'n afgod te maak wat hulle kan aanbid.Wat kom uit ons harte te voorskyn wanneer ons voel ons beloftes realiseer nie?...more11minPlay
August 05, 2025Ep1 - Terwyl ek wag op my beloftes - God se Woord is WaarheidTerwyl jy wag op God se beloftes om te realiseer in jou lewe, onthou, moenie op jou gevoelens staatmaak nie. Jou gevoelens kan GLAD NIE vetrou word nie. Vertrou op God se Woord, want Sy Woord is waarheid, en waarheid kan nooit ooit verander nie!...more9minPlay
August 01, 2025Ep12 - Intimiteit met Jesus - Laat die Lam jou losmaak van EgipteIsrael in Egipte is 'n pragtige beeld van God se verlossingsplan deur die Lam en die bloed van die Lam. Het jy geweet dat Israel was groter en magtiger as Egipte, maar tog was Israel hul slawe. Hoe is dit moontlik?...more12minPlay
July 31, 2025Ep11 - Intimiteit met JesusHoe vergewe God ons EN bly ter selfde tyd regverdig? Hy kan tog nie ons sondes onder die mat in vee en maak asof dit nooit gebeur het nie, en dit dan net "genade" noem nie. Hy sou 'n onregverdige regter wees as Hy dit sou doen....more11minPlay
July 30, 2025Ep10 - Intimiteit met JesusHoe maak ek as sonde my probeer verhinder om na God te gaan? Ek kry skaam oor wat ek gedoen het en ek dink God is teleurgesteld. Kom luister wat sê God se Woord en hoe jy jou intimiteit met God kan beskerm ....more11minPlay
July 29, 2025Ep9 - Intimiteit met Jesus - Dis meer as net 'n boksie om af te tiekEk kan nie God vir jou ken nie. Net jy kan dit doen. En dis soveel meer as net 'n boksie in ons gewete om af te tiek, dis absoluut awesome om met die Skepper en Almagtige God 'n intieme gesprek te hê waarin jy Hom kan vrae vra en Hy vir jou en jy Sy hart kan ervaar en leer ken. Dit is baie persoonlik en dis baie intens....more5minPlay
July 25, 2025Ep8 - Intimiteit met JesusII Kor 2:14 & 15 sê "MAAR God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei. Want ons is 'n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan"Ons versprei 'n aangename geur van Jesus as gevolg van ons kennis van Hom, ons intimiteit met Hom....more9minPlay
July 24, 2025Ep7 - Intimiteit met Jesus - Groei tot Sy volle grootteEf 4:13 sê dit is moontlik om te groei tot die mate van die volle grootte van Christus. Wat 'n vooruitsig. Wat 'n doel! Dit klink vir my baie beter as om net rond te sit en te wag om eendag hemel toe te gaan....more8minPlay
FAQs about InJesus Bybelstudie:How many episodes does InJesus Bybelstudie have?The podcast currently has 227 episodes available.