Die Woord sê dat die vrou binne in Adam was en uit hom uit geneem is, en dan sê Adam, as hy vir Eva die eerste keer sien, sy is been van my gebeente en vlees van my vlees, en ons sal as een vlees leef. Baie min mense het vandag nog respek daarvoor dat ons, in 'n huwelik een vlees is, en nie maar net twee apparte mense in dieselfde huis nie.