Minstens ses mense is dood tydens beweerde vreemdelingehaat-voorvalle in Soweto in Johannesburg, nadat 'n tiener verlede Maandag doodgeskiet is toe hy glo 'n winkel wou beroof. Plundery van buitelanders se winkels is ook aangemeld in die groter-Gautenggebied, die Noord-Kaap en KwaZulu-Natal. 'n Senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies, dr. Johan Burger, sê die vraag bly staan of dit vreemdelingehaat of opportunistiese misdaad is wat ter sprake is.