Wat Dawid en Batseba in hierdie hoofstuk aanvang, is onverstaanbaar. Maar dis die aard van sonde, nie waar nie: dat jy wéét dis verkeerd, jy wéét jy gaan jouself blootstel vir probleme, en tog doen jy dit! Dis die misterie van die sonde, dat ons dink die (kortstondige) plesier wat ons daaruit kry, weeg swaarder as die probleme wat dit veroorsaak.