Die Kerkstraatbom was een van die grootste terreuraanvalle in Suid-Afrika se geskiedenis. Op Vrydagmiddag 20 Mei 1983, 30 jaar gelede, is 19 mense dood en meer as 200 beseer toe 'n motorbom met sowat 40kg plofstof voor die Lugmaghoofkwartier in Kerkstraat, Pretoria, ontplof het. Een van die slagoffers, ds. Chris Barnardo, was destyds 'n luitenant in die lugmag en het sy sig weens die ontploffing verloor.