Vier jaar na die popkoning Michael Jackson se dood op 25 Junie 2009 , gaan sy oudste seun getuig oor wat daardie nag gebeur het. Prince Jackson nou sestien was 12 jaar oud in 2009 en het die ambulans gevolg wat sy pa na die hospitaal geneem het. Die familie het 'n eis ingestel teen die AEG LIVE, die promoters van sy laaste konsert toer. Die familie voer aan dat die maatskappy verantwoordelik is vir die aanstelling van dr. Conrad Murray wat vroeër aan manslag skuldig bevind is.