Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.... more
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.
April 28, 2016Middag op RSG 1Het jy geweet dat Gauteng en ander provinsies moderade het? Hulle doen meer as net raad gee vir ontwerpers. Hulle fokus op die sakedeel van die bedryf. Martin Headger het met die raadslid en ontwerper, Vanya Mangaliso, hieroor gepraat....more4minPlay
April 26, 2016Middag op RSG 1Martin Headger het op pad huis toe iets vreemd in sy buurt opgemerk – 'n masjien wat soos 'n grassnyer lyk wat heen en weer oor die pad gestoot word, veral by kruisings. Hy het vir Hennie le Roux van Subscan daar gekry en gevra wat hulle met die masjien doen....more4minPlay
April 25, 2016Middag op RSG 1Die 14e Internasionale Taal en Kultuurfees is verlede week by die Joburg-teater in Johannesburg gehou. Die fees, wat verlede jaar in Romenië aangebied is, se doel is om bewustheid oor misdaad en ongeregtigheid te skep deur middel van opvoeding en kulturele waardes....more4minPlay
April 22, 2016Middag op RSG 1BEAT BOPPERS TEEN DWELMS is n breakdans groep wat die jeug wil aanmoedig om weg te bly van dwelms. Volgens die Beat Boppers is die lewe baie cooler sonder dwelms en kan jy só baie beter en lekkerder hoog raak. Een van hulle hoogtepunte was om verlede Saterdag by die wedstryd tussen die Bulls en die Reds op Loftus Versfeld te dans. Rea le Roux, stigter van die groep, vertel meer....more5minPlay
April 20, 2016Middag op RSG 1Christelle van Tonder het onlangs die eiland Madagaskarbesoek. Sy het een middag in 'n taxi gespring en 40 minute deur die middagverkeer gery om na 'n dier te gaan kyk wat eg aan die eiland is....more6minPlay
April 20, 2016Middag op RSG 1Antoniem vra wat 'n mens moet bedien wanneer jy kuiergaste het. Blykbaar speel jou sielkundige profiel 'n rol in jou keuse van 'n spyskaart......more4minPlay
April 19, 2016Middag op RSG 1Hulle sê dit is 'n kuns om goed oud te word… As jy in 'n kits dekades ouer moet lyk vir die verhoog, moet jy veral jou storie ken. Este Gross het gaan kyk hoe Salomie du Toit, 'n dosent en grimeerkunstenaar 'n jong student in 'n bejaarde verander....more5minPlay
April 18, 2016Middag op RSG 1Tegnologie speel 'n al hoe groter rol in waterbesparing. Ettienne Ludick en Sue Pyler kyk jna 'n paar maniere hoe jy minder water kan gebruik....more3minPlay
April 15, 2016Middag op RSG 1Die filosoof Ludwig Wittgenstein het gesê: “Die beperking van my taal, is die beperking van my wêreld.” Met soveel toepassings en hulpbronne wat vandag tot ons beskikking is, hoef niemand ingehok te wees nie. Jy maklik 'n plan maak om 'n taal aan te leer. Este Gross praat met prof. Anne-Marie Beukes van die Departement Linguistik aan die Universiteit van Johannesburg oor wat mense motiveer om 'n nuwe taal aan te leer. Este vind ook uit of slimfoontoepassings handig is om 'n taal aan te leer....more5minPlay
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.