As jy jou kop vanaand op jou kussing neerlê, kan jy maar seker wees dat jy gaan droom - of jy hulle gaan ONTHOU, is 'n ander saak. En baie van die drome wat jy wel onthou het geen logiese verklaring nie – hoekom sal jy nou juis droom jy val, vlieg, of selfs dat jou tande uitval ? (en ja, die tande- droom is blykbaar n baie algemene droom). Sielkundige Christo van der Westhuizen sê dat ons dikwels nagmerries onthou, maar dat ons darem nie die goeies moet vergeet nie. Hy verduidelik aan Este Gross wat die drome kan beteken.