Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.... more
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.
April 12, 2019Middag op RSG 1Soos klimaatsverandering vererger, sal aansteeklike siektes toeneem en vinniger versprei. Lizma van Zyl gesels met prof. Martie van der Walt van die Mediese Navorsingsraad oor watter aansteeklike siektes reeds aan die toeneem is, en hoe ons onsself teen toenemende, uiterste weersomstandighede kan beskerm....more8minPlay
April 10, 2019Middag op RSG 1Dis normaal om so af en toe deurmekaar te wees, maar een of ander tyd moet jy net weer orde skep. Sue Pyler help jou met 'n paar wenke oor hoe om jouself te organiseer....more4minPlay
April 09, 2019Middag op RSG 1Pieter Geldenhuys en Juanita Vorster ondersoek die moontlikhede van die toekoms. Dit is 28 April 2021, en ons hoor hoekom virtuele realiteit-dobbelsale hulle fisiese mededingers ore aansit....more8minPlay
April 05, 2019Middag op RSG 1Ettienne Ludick en Sue Pyler gesels met die Hoërskool Waterkloof se robotikaspan wat in Detroit in die V.S.A. aan die First Tech Challenge gaan deelneem. Die leerders van graad 7 tot 12 is verantwoordelik vir die ontwerp, bou en programmering van die robot....more11minPlay
April 05, 2019Middag op RSG 1Klimaatsverandering en die droogte in Suid-Afrika wat oor groot dele net vererger, het 'n boerelandbou-agenda genoodsaak. Die persoon wat die projek dryf, is die president van die Wêreld Landbou-organisasie, dr. Theo de Jager. Lizma van Zyl gesels met hom oor projekte en programme om boere en landbouwerkers by te staan – nie net op die plaas nie, maar ook emosioneel....more8minPlay
April 05, 2019Middag op RSG 1'n Groot gejeuk en'n gekrap - dit is wat op jou wag wanneer 'n muskiet jou beetkry. Ettienne Ludick bekyk hierdie vlieënde irritasies van nader. Hy vertel van die jongste navorsing, wat wys dat 'n sekere liedjie dalk 'n teenvoeter teen die gevreesde insek kan wees....more4minPlay
April 03, 2019Middag op RSG 1Pieter Geldenhuys en Juanita Vorster ondersoek die moontlikhede van die toekoms. Dit is 18 Julie 2024, en ons hoor hoekom Zimbabwe se regering nie internettoegang kan afsny tydens die komende verkiesing nie....more7minPlay
April 01, 2019Middag op RSG 1Is jy te besig om ontbyt te eet? Sue Pyler gesels met dieetkundige Elizda Hanekom oor die belangrikheid van ontbyt....more8minPlay
March 28, 2019Middag op RSG 1Klimaatsverandering kan nie meer geïgnoreer word nie. Van die wêreld se slimstes noop ons om kweekhuisgasvrystellings vinnig en drasties te verlaag as 'n ramp afgeweer wil word. Ons het die afgelope jaar hier op DIE KWIK STYG klimaat- en waterslim geword danksy kenners wat elke week agter die mikrofoon ingeskuif het. Lizma van Zyl kyk terug oor die afgelope 51 programme voordat ons volgende week met 'n splinternuwe reeks begin....more15minPlay
March 28, 2019Middag op RSG 1Daar is verskeie dinge wat jy kan doen om jouself teen grypdiewe in jou motor te beskerm. Ettienne kyk na 'n paar voorstelle....more3minPlay
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.